NewsNews

PG du Plessis vandag oorlede

Die bekroonde Afrikaanse skrywer, dramaturg en akademikus, PG du Plessis is vanmiddag na ‘n lang siekbed op die ouderdom van 82 oorlede. Du Plessis het bekendheid vir sy dramas Siener in die Suburbs, Nag van Legio (albei Hertzogprys-wenners) en ‘n Seder val in Waterkloof onder vele ander indrukwekkende publikasies verwerf. Dié skrywer se roman, Fees van die Ongenooides het… …

Die bekende Afrikaanse skrywer PG du Plessis is vanmiddag na 'n siekbed oorlede.

Die bekende Afrikaanse skrywer PG du Plessis is vanmiddag na ‘n siekbed oorlede. Foto: Marianke Saayman.

Die bekroonde Afrikaanse skrywer, dramaturg en akademikus, PG du Plessis is vanmiddag na ‘n lang siekbed op die ouderdom van 82 oorlede.

Du Plessis het bekendheid vir sy dramas Siener in die Suburbs, Nag van Legio (albei Hertzogprys-wenners) en ‘n Seder val in Waterkloof onder vele ander indrukwekkende publikasies verwerf.

Dié skrywer se roman, Fees van die Ongenooides het ook lof ontvang en is met die 2009 ATKV Prosaprys bekroon.

Du Plessis se afsterwe laat ‘n leemte in die Afrikaanse literatuur en hy en sy skryfwerk sal gemis word.

“Vir ‘n skrywer is een ding belangrik: hou die drama.”

PG du Plessis: 14 Julie 1934 – 7 Junie 2017

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button