NewsNews

Só kan jy vir Pa bederf op Vadersdag

Op 18 Junie is dit wêreld wye Vadersdag, maar wat gee jy vir die man wat reeds genoeg braaitange het en wat drie #1 DAD koffie bekers het wat in die kombuiskas staan?   As jy dink aan ‘n geskenk, onthou altyd dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop! So …


Op 18 Junie is dit wêreld wye Vadersdag, maar wat gee jy vir die man wat reeds genoeg braaitange het en wat drie #1 DAD koffie bekers het wat in die kombuiskas staan?

 

As jy dink aan ‘n geskenk, onthou altyd dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop! So jy kan verseker nie verkeerd gaan met ‘n biltongpakkie nie! Hier is verskeie winkels in Parys wat vir jou ‘n lekker kombinasie van biltong en droëwors kan saam sit teen ‘n sakpas prys.

Dalk is jou pa ‘n soettand? ‘n Houer met lekkers vir sy lessenaar of werkstafel is nooit te versmaai nie, of probeer dalk hierdie japtrap fudge resep! Iets wat tuisgemaak is, is altyd ‘n wenner.

MAKLIKE MIKROGOLF FUDGE:

Kooktyd: sowat 15 minute in mikrogolf op hoog gestel

1 blik (397 g) kondensmelk

420 g (500 ml) strooisuiker

125 g (135 ml) botter, gesmelt

5 ml vanieljegeursel

50 g donkersjokolade

METODE:

Plaas kondensmelk, strooisuiker en botter in ’n bak wat jy in die mikrogolfoond kan gebruik.

Meng en sit in mikrogolf wat op hoog gestel is.

Maak oop ná 2 minute en roer goed. Plaas terug en herhaal die proses tot dit fudge vorm.

Dit sal so 10 – 15 minute duur. Haal versigtig uit en voeg vanieljegeursel by.

Klop fudge sowat 10 minute.

Spuit vlak Klein muffinpannetjie met kleefwerende kossproei. Gooi fudge in holtes.

Laat heeltemal afkoel. Dit kan nogal ’n rukkie duur. Keer versigtig uit.

Smelt sjokolade in bakkie wat oor ’n bak met kookwater geplaas is.

Versier fudge met sjokolade. Sit in yskas dat sjokolade hard kan word.

Bron: Sarie Resepte

Plasing: Henriette Wessels  / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

 

Verder is daar een ding waarsonder geen man kan klaar kom nie: sokkies. Afhangende van jou begtroting kan jy by verskeie klerewinkels gaan kyk na sokkies, daar is enige iets van khaki-kouse vir die plaasboer, swart-sokkies vir die kantoorman of kleurvolle patrone met oulike sê-goed op wat jou pa in sy werksskoene of in sy pantoffels kan wegsteek.

Maar as die finansies bietjie knyp of jou bakvernuf is dalk nie die beste nie is ‘n selfgemaakte geskenkie altyd welkom.

‘n Handgemaakte kaartjie soos wat hier stap vir stap verduidelik word:

Vir jou pa is sy kinders die mooiste, beste, slimste en wonderlikste van al die kinders. Daarom is ‘n foto in ‘n raam (van jou en jou boeties of sussies, of van jou en jou pa) ook oulik. Dalk selfs ‘n foto vir sy beursie sodat hy jou altyd naby hom dra!

Die laaste idee wat elke jaar ‘n tradisie in ons huis is, is ontbyt in die bed. Staan vroeg-vroeg op Sondag oggend en gaan maak stilletjies iets in die kombus. Dit hoef nie noodwendig ‘n restaurant klas-ete te wees nie, gewone roosterbrood, spek en eiers met ‘n lekker koppie koffie is genoeg om enige pa se hart warm te laat klop.

 

Related Articles

Back to top button