NewsNews

Gestremde ruiters wys ander hóé by skou in Parys

Die ruiters van El Shaddai Stables het die naweek van 27 en 28 Mei aan die eerste twee rondtes van die SANESA Saddleseat Skou by Noble Equestrian in Parys deelgeneem. Twee van die gestremde ruiters in aksie. SANESA is ‘n skoleskou waar die ruiters deelneem en hulle onderskeie skole  verteenwoordig. Hier staan die ruiters ook …

Twee van die gestremde ruiters in aksie.

Twee van die gestremde ruiters in aksie.
SANESA is ‘n skoleskou waar die ruiters deelneem en hulle onderskeie skole  verteenwoordig.
Hier staan die ruiters ook dan ‘n kans om later in die jaar hulle Gauteng kleure te verwerf in die sport indien hulle bo-aan die punteleer eindig in die klas waarin hulle gekwalifiseer het.
El Shaddai het ook geskiedenis gemaak, want vir die eerste keer het daar ruiters deelgeneem aan ‘n terapeutiese klas wat spesiaal ingebring is vir kinders met gestremdhede.
Die klub se afrigter, Johnny Nkhokho, werk al ‘n geruime tyd met die kinders van Rotara Skool en van die kinders het so goed gevorder dat hulle ook gereed was om vir hulle eerste skou ooit in te skryf. Die hoogtepunt was om die kinders se gesiggies te
sien terwyl hulle op die baan was.
Die ruiters wat Rotara Skool verteenwoordig het, het baie goed gevaar. Luthando
Ndlovu het in die Special Needs Leiriemstap-klas twee eerste plekke behaal op Moonlight en Siyabonga Maxolo het twee tweede plekke behaal in dieselfde klas op Zoro.
Motheo Mokgojwa het in die Special Needs Leiriemstap-klas op Moonlight twee tweede plekke behaal en Donovan Hattingh het twee derde plekke behaal in dieselfde klas op Zoro.

Een van die gestremde ruiters van Rotara Skool, Donovan Hattingh, besig om sy vaardigheid op die perd te wys.

Een van die gestremde ruiters van Rotara Skool, Donovan Hattingh, besig om sy vaardigheid op die perd te wys.

Die ruiters wat Laerskool Jongspan verteenwoordig het, het soos volg gevaar: Abigail Janse van Vuuren wat ook een van die terapeutiese ruiters op die skou was, het in die Special Needs Leiriemstap-drafklas twee eerste plekke behaal.
Bronwyn Matthews het met haar eie perd Bold Spirit twee eerste plekke behaal
in die In Hand-stapklas, ‘n 1ste en 2de plek in die Stapdraf-klas vlak 1 en ‘n 2de en 3de plek in die Stapdraf-Ruiterkuns-klas.
Die Ruiters wat Laerskool Dagbreek verteenwoordig het, het hul ook goed van hul taak gekwyt.
Caelee Johnstone het met haar perd Airforce One twee eerste plekke behaal in die In Hand Stapdraf-klas, twee eersteplekke in die Siertuig-klas, twee derde plekke in die Stapdraf-Ruiterkunsklas Vlak 2 en ‘n derde en vierde plek in die Stap draf-klas ook op Vlak 2.
Katie-Lee Oelofse het met Cracklin Rosie ‘n tweede en vierde plek behaal in die Stapdraf-klas Vlak 2 en ‘n 3de plek in die Stapdraf Ruiterkuns-klas op Vlak 1. AJ Coertze het op Funny Girl ‘n derde en vierde plek behaal in die Leiriem stapdraf-klas Vlak 0 en ‘n vierde en vyfde plek in die Leiriemstap-draf Ruiterkuns Vlak 0 behaal.
Christelle Kitzmann het met Moonlight twee vierde plekke behaal in die driegang Vlak 4-klas. Laerskool Fochville se ruiters het ook baie goed presteer.
Giselle Muller het op Moonlight twee sewende plekke behaal het in die stapdraf klas en ‘n vierde en vyfde plek in die stapdraf Ruiterkuns Vlak 1-klas.
Adri de Lange het met haar perd Princess ‘n vyfde en sesde plek behaal in die stapdraf Vlak 1-klas.
Die klub het ook twee baie klein ruiters wat nog nie eers in die skool is nie maar wat op laerskool-vlak moes deelneem wat net so uitstekend gevaar het.
Niahan van der Merwe, wat net twee jaar oud is, het moet Zoro twee sesde plekke behaal in die Leiriemstap-klas en twee vyfde plekke in die Leiriemstap Ruiterkuns-klas op Vlak 0. Jereeca Moss, wat net vier jaar oud is, het stof in baie kinders wat baie groter as sy is se oë geskop. Sy het met haar perd Baby twee eerste plekke behaal in die Leiriem stapdraf-klas Valk 0 en ‘n agtste en derde plek behaal in die Leiriemstapdraf Ruiterkuns-klas Vlak 0.
Die ruiters wat Laerskool Losberg verteenwoordig het, het ook presteer.
Mike Smith het op Cracklin Rosie ‘n derde en ‘n sesde plek behaal in die Leiriemstap-
drafklas Vlak 0.
Die klub se hoërskool ruiters het net so goed gevaar. Deelnemers wat Hoërskool
Fochville verteenwoordig het, het verskeie prestasies bereik. Waldo Taylor het met sy perd My Time ‘n eerste en derde plek in die In Hand-stapdrafklas behaal, twee eerste plekke in die drieang-klas Vlak 7 en twee eerste plekke in die driegang Ruiterkuns-klas Vlak 4. Reynhard Taylor het met Lockerbomb ‘n tweede en derde plek behaal in die In Hand stapdraf-klas en ‘n eerste en tweede plek in die driegang-klas Vlak 4. Stephan Coetzee het met sy perd Million Bucks ‘n eerste en tweede plek behaal in die In Hand stapdrafklas, en twee tweede plekke in die driegang-klas Vlak 7 en twee tweede plekke in die driegang Ruiterkuns-klas Vlak 4.
Die leerlinge wat Carletonville Hoërskool verteenwoordig het, het ook talle
medaljes ingepalm.
Melissa Hibber het met haar perd Algoran twee tweede plekke behaal in die vyfgang Vlak 4-klas en twee derde plekke in die Siertuig-klas. Dan het sy ook met Cracklin Rosie deelgeneem in die driegang-klas Vlak 4 waar sy ‘n vyfde en tweede plek behaal het.
Nattalie Janse van Vuuren het met Funny Girl twee eerste plekke behaal in die stapdraf Vlak 1-klas en ‘n eerste en tweede in die stapdraf Ruiterkuns-klas Vlak 1. Daar was ook ondersteunersklasse waar ruiters kon deelneem wat nie meer skoolgaan nie. Vicky Booyens het met Lockerbomb twee vierde plekke behaal in die  driegang-klas. Loulieta Zeelie het met Colboy twee derde plekke behaal in die  driegang-klas. Christha Boshoff het met haar perd Captain twee tweede plekke behaal in die driegang-klas. Sandra Wium het met haar perd Apolo twee eerste plekke behaal
in die stapdraf-klas. Die afrigter Johnny Nkhokho hetook weer sy staal gewys en twee eerste plekke behaal met Tango in the Wind in die vyfgang-klas.
“Dit was ‘n baie suksesvolle skou vir El Shaddai. Ons het 26 ruiters gehad wat deelgeneem het en ons het ook 16 perde saamgeneem na die skou toe.
Ons leuse het sy naam gestand gedoen die naweek: El Shaddai Stalle waar drome waar word,” het ‘n woordvoerder van die klub, Amada Johnstone, gesê.

Die skole-ruiters wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Die skole-ruiters wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Related Articles

Back to top button