NewsNews
Trekker-bestuurder gaan soek hulp na ongeluk waarin een beseer is
ʼn Trekker en ʼn Bakkie het vanoggend omstreeks 08:45 ongeveer 13km op die Paryspad uit met mekaar gebots. Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die beseerde bakkie bestuurder gevind het. Die bestuurder van die trekker was na wat beweer word, nie meer op die toneel nie. Hy het wel kort …

Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die beseerde bakkie bestuurder gevind het. Die bestuurder van die trekker was na wat beweer word, nie meer op die toneel nie. Hy het wel kort daarna terug gekeer na die toneel toe, hy het glo by ʼn naby geleë plaas gaan hulp soek.
Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen waarna hy per ambulans hospitaal toe geneem is.Verkeer op die pad was vir ʼn kort rukkie vertraag gewees terwyl dit skoon gemaak word. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar verkeersbeamptes en polisie was op die toneel gewees om verder ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



