Koue een té veel vir wêreldrekordpoging
Hierdie was sy 53ste wêreldrekordpoging, maar die koue van die Vrystaatse winters was een té veel en kon Andre van Zijl net 35 van sy beoogde 50 ure op ’n vierwielmotorfiets voltooi. Die wêreldrekordpoging is verlede Donderdag aangepak en sou duur tot Saterdag. André het die projek aangepak ten bate van Epilepsie SA, Kansa Parys …
Hierdie was sy 53ste wêreldrekordpoging, maar die koue van die Vrystaatse winters was een té veel en kon Andre van Zijl net 35 van sy beoogde 50 ure op ’n vierwielmotorfiets voltooi.
Die wêreldrekordpoging is verlede Donderdag aangepak en sou duur tot Saterdag. André het die projek aangepak ten bate van Epilepsie SA, Kansa Parys en die plaaslike DBV-tak.
Van sy vorige wêreldrekordpogings het onder meer ingesluit om vir 101 ure aaneen te braai, Tafelberg met rolskaatse te probeer klim, te disko dans vir 345 ure aaneen en om vir 55 uur op ’n telefoon te klets.
Dankie aan Andy Leondios van Le Grand Chateau wat verblyf vir André voorsien het asook Tony Jardim van Springbok kafee en Bennie Pretoius van Real Adventures wat daar was om hom te ondersteun ten spyte van die koue. En al is dit ’n nie-amptelike rekord wil dit steeds gedoen wees! André is nou op pad Vereeniging toe waar hy eers vir ’n paar dae gaan ontspan.