NewsNews

Standard Bank kry nuwe baadjie

Standard Bank kliënte kan eersdaags uitsien na ’n  splinternuwe meer gebruikersvriendelike oopplan tak vir Parys wat in Julie sy deure vir die publiek sal open. Die opgradering van die bestaande takgebou in Kortstraat sal vanaf Maandag 29 Mei  tot 10 Julie gedoen word, maar alle bankdienste sal steeds gelewer word reg oorkant die takgebou in …

Standard Bank kliënte kan eersdaags uitsien na ’n  splinternuwe meer gebruikersvriendelike oopplan tak vir Parys wat in Julie sy deure vir die publiek sal open.
Die opgradering van die bestaande takgebou in Kortstraat sal vanaf Maandag 29 Mei  tot 10 Julie gedoen word, maar alle bankdienste sal steeds gelewer word reg oorkant die takgebou in die blou mobiele eenhede, sê die takbestuurder, Christie Henery.
Bankure bly ook onveranderd en is steeds gedurende die tyd van opgradering Maandae tot Vrydae 09:00 tot 15:30 en Saterdag 08:30 tot 11:00. Voorsiening is gemaak vir gestremdes, genoeg skadu en stoele vir kliënte. Outotellers sal ook by die mobiele eenhede beskikbaar wees.
Volgens Henery is dit die eerste keer dat só ’n  omvattende opgradering van die hele gebou gedoen word sedert die tak in 1912 hier geopen het. Vantevore is net kleiner  veranderings aangebring aan die gebou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button