NewsNews

Advokaat onttrek

Die verdiging se adv. Hans de Bruin het met die aanvang van vanoggend (Vrydag 26 Mei) se hofverrigtinge in die rondgaande Hoë Hof in Parys homself verskoon van die verhoor, nadat hy sy redes in kamers aan regter Corne van Zyl verskaf het. Die staat het sy redes aanvaar, wat beteken dat hy nie langer …

Die verdiging se adv. Hans de Bruin het met die aanvang van vanoggend (Vrydag 26 Mei) se hofverrigtinge in die rondgaande Hoë Hof in Parys homself verskoon van die verhoor, nadat hy sy redes in kamers aan regter Corne van Zyl verskaf het. Die staat het sy redes aanvaar, wat beteken dat hy nie langer deel is van die verdediging se regspan nie. Vandag was ook die laaste dag gewees wat die saak op die hofrol was en sal nou eers weer van 6 tot 24 November hier aangehoor word met adv Nico Dreyer en prokureurs Kobus Burger, Gideon Mandelstam en Hannes Grimbeek wat vir die 6 beskuldigdes sal verskyn.
Die saak teen die beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen en sy seun Loedie van der Westhuizen jr, Anton Loggenberg en sy seun Cor, kapt. Henk Prinsloo en Miela Janse van Vuuren volg na die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa.
Die staat voer aan dat die beskuldigdes na bewering die oorledenes só erg sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik dat hulle later aan hul beserings in die hospitaal beswyk het.
Daar is in ’n baie emosionele oomblik nadat die hof verdaag het, van die 80-jarige De Bruin afskeid geneem deur die res van die verdediging se regsspan en die beskuldigdes.
’n  Kierie met die beskuldigdes se name daarop is ook as geskenk aan hom oorhandig.
Nadat hofverrigtinge hervat is het die staat egter sy ongelukkigheid te kenne gegee met die lang tydsverloop voordat die saak kan hervat ten opsigte van die staatsgetuie Fanie Oosthuizen wat steeds onder kruisondervraging is.
Daar is gevra vir ’n  gouer datum vir minstens twee dae om die kruisondervraging af te handel.
Die verdediging het op sy beurt by monde van adv. Nico Dreyer gesê dat die verdediging se regsspan eers vanoggend net voor 8 van De Bruin se voorneme om te onttrek gehoor het.
Dreyer het ook gesê dat dit nie in belang van die gereg sou wees om vandag met die hofverrigtinge voort te gaan nie omdat De Bruin alleen die kruisondervraging van Oosthuizen hanteer het.
Regter Van Zyl het egter gesê die versoek van die staat dat die verdediging vandag nog kruisondervraging van Oosthuizen moet afhandel is nie billik nie gegewe die kort voorbereidingstyd en dat die hofverrigtinge sedert daar op 2 Mei met die verhoor begin is, reeds herhaaldelik vertraag is.
Aanvanklik was die vertraging as gevolg van die SAUK se aansoek om die verrigtinge te beeldsend, en toe weer op Dinsdag 23 Mei toe die staat’ n  aansoek gebring het om die borg van Anton Loggenberg terug te trek.
Die aansoek het nie geslaag nie en het landdros Jan Claassen bevind dat die bewerings van die staat dat Loggenberg glo in ’n  oproep aan ’n  staatsgetuie sou gesê het dat hy die staat se 204 getuies gaan doodmaak, net op hoorsê gebaseer is.
Regter Corné van Zyl het toe gelas dat kruisondervraging van Fanie Oosthuizen, ook ’n 204 staatsgetuie op 10 en 11 Augustus voortgesit en afgehandel sal word.

Related Articles

Back to top button