NewsNews

NWU en Loopbaansentrum word as die beste in Suid-Afrika gekroon

Studente se tevredenheid word by die NWU gewaarborg: hierdie instelling en sy Loopbaansentrum het die toptoekennings in die UNIVERSUM Global Surveys-toekennings ontvang.   Die universiteit het die eerste plek in die gesogte kategorie vir studentetevredenheid behaal, en sy Loopbaansentrum het ook eerste gekom in die kategorie vir die beste loopbaandienste.   Peet Roos, waarnemende bestuurder… …

Studente se tevredenheid word by die NWU gewaarborg: hierdie instelling en sy Loopbaansentrum het die toptoekennings in die UNIVERSUM Global Surveys-toekennings ontvang.   Die universiteit het die eerste plek in die gesogte kategorie vir studentetevredenheid behaal, en sy Loopbaansentrum het ook eerste gekom in die kategorie vir die beste loopbaandienste.   Peet Roos, waarnemende bestuurder

Studente se tevredenheid word by die NWU gewaarborg: hierdie instelling en sy Loopbaansentrum het die toptoekennings in die UNIVERSUM Global Surveys-toekennings ontvang.

 

Die universiteit het die eerste plek in die gesogte kategorie vir studentetevredenheid behaal, en sy Loopbaansentrum het ook eerste gekom in die kategorie vir die beste loopbaandienste.

 

Peet Roos, waarnemende bestuurder en loopbaankonsultant by die NWU se Loopbaansentrum, sê dat die wen van die studentetevredenheid-toekenning vir die NWU as geheel ’n belangrike prestasie is.

 

“Hierdie toekenning weerspieël die studente se tevredenheid met die universiteit, en nie net met die Loopbaansentrum nie. Die NWU het die hoogste tevredenheidsgradering ontvang, gevolg deur die Universiteit Stellenbosch in die tweede plek en Wits Universiteit in die derde plek.”

 

Ongeveer 2 000 studente, wat al drie NWU-kampusse verteenwoordig, het aan die UNIVERSUM-opname deelgeneem. Die opname, wat tussen November 2016 en Maart 2017 gedoen is, word gebruik om die wenners te bepaal, wat in Mei aangekondig is.

Peet Roos en Anell van Pletzen vier ’n dubbele oorwinning vir die NWU en die NWU Loopbaansentrum.

Peet sê dat die toekenning vir die beste loopbaandienste spesifiek die studente se gradering van die NWU se Loopbaansentrum weerspieël. Die Loopbaansentrum was eerste in die opname, met die Universiteit van Kaapstad en die Sentrale Universiteit van Tegnologie wat onderskeidelik tweede en derde geplaas is.

 

Prof Martin Oosthuizen, adjunkvisekanselier vir onderrig en leer, sê dat die prestasie volg op ’n paar merkwaardige jare waarin die NWU se Loopbaansentrum konsekwent onder die topdrie in die land was. “Nou is ons nommer een! Dit is ’n reuseprestasie as ’n mens in ag neem dat ons met universiteite in groot metropolitaanse gebiede meeding en dat dit die werk weerspieël van ’n personeel van slegs sewe toegewyde persone.”

 

Hy het Peet Roos en die span van die NWU Loopbaansentrum gelukgewens. “Die NWU is so trots op julle! Ons sou ook nie sonder die inspirerende leierskap van Bernice Smit, die vorige bestuurder van die Loopbaansentrum, bereik het wat ons het nie.”

Related Articles

Back to top button