NewsNews

32 in hegtenis na Lichtenburg gyselaardrama

Die burgemeester van Ditsobotla Munisipaliteit, Mnr. Daniel Buthelezi, is vandag (25 Mei) gedurende die vroegoggendure vrygelaat, nadat hy en ander raadslede deur inwoners van laat gistermiddag (24 Mei) af gyselaar gehou is. Illustration photo   Die burgemeester is vrygelaat ná suksesvolle onderhandelings wat uitgeloop het op die inhegtenisneming van 32 verdagtes. As deel van die …

police,saps

Illustration photo

 

Die burgemeester is vrygelaat ná suksesvolle onderhandelings wat uitgeloop het op die inhegtenisneming van 32 verdagtes. As deel van die onderhandelinge is die groep toe gelaat om in twee minibusse te klim maar kort daarna deur die polisie in hegtenis geneem.

ʼn Munisipale gebou is aan die brand gesteek maar is egter kort daarna geblus.

Die verdagtes, wat tussen 24 en 52 jaar oud is, sal na verwagting binnekort in die landdroshof van Lichtenburg verskyn. Hulle word aangekla van ontvoering, brandstigting en poging tot moord.

Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, het lede van die gemeenskap aangemoedig om kalm te bly, die oppergesag van die reg te respekteer en te weerhou van beskadiging van eiendom. Sy het verder gesê dat die polisie nie sal huiwer om hul konstitusionele mandaat uit te voer om misdaad te voorkom en te bekamp nie, sowel as om openbare orde te handhaaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button