NewsNews

PASOP: Nuwe bank-slenter steek sy kop uit

Nedbank het ‘n waarskuwing uitgereik aan aanlyn bankdienste-verbruikers om op die uitkyk te wees vir die nuwe uitvissingslenter (phishing) wat sy kop uitgesteek het. Bedrieërs doen hulself voor as Nedbank-werknemers deur e-posse aan jou te stuur waarin jy gevra word om ’n HTML-dokument af te laai. Vir jou as verbruiker lyk dit asof die e-pos …

Bedrieërs doen hulself voor as Nedbank-werknemers deur e-posse aan jou te stuur waarin jy gevra word om ’n HTML-dokument af te laai. Vir jou as verbruiker lyk dit asof die e-pos van Nedbank af kom van die e-pos adres ‘ficaAlert@nedbank.co.za’ en in die e-pos staan dat Nedbank vir nog Fica-dokumente wag.

Wanneer jy dan op die HTML-dokument klik om dit af te laai word jy a ‘n vals nedbank webtuiste gevat waar jy jou besonderhede moet gee asook jou PIN en wagwoord. Sodra jy dit gedoen het word jou geld uit jou rekening gesteel.

Nedbank kan soms kliënte kontak oor uitstaande inligting wat kragtens Fica-regulasies vereis word, maar geen bank sal ooit jou PIN en wagwoord vra nie, hetsy via e-pos, SMS of telefonies, sê Alan Shannon, hoof van kleinsake- en beroepskliëntbankdienste.

So lyk die e-pos:

 

Related Articles

Back to top button