NewsNews

Staat se aansoek steeds nie aangehoor

Die hof sal nou eers môre oggend om 09:00 die staat se aansoek aanhoor waarin gevra sal word om Anton Loggenberg se borg terug te trek , weens beweerde oortreding van sy borgvoorwaardes. Dit nadat daar nie vandag ‘n landdros beskikbaar was om die aansoek aan te hoor nie. Die aansoek gaan glo oor bewerings …

Die hof sal nou eers môre oggend om 09:00 die staat se aansoek aanhoor waarin gevra sal word om Anton Loggenberg se borg terug te trek , weens beweerde oortreding van sy borgvoorwaardes. Dit nadat daar nie vandag ‘n landdros beskikbaar was om die aansoek aan te hoor nie. Die aansoek gaan glo oor bewerings van dreigemente ten opsigte van die staat se getuies.

Die verhoor in die Hoë Hof waar Anton een van die 6 beskuldigdes is op klagte van moord na die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa in Januarie 2016, kan eers voortgaan as die staat se aansoek afgehandel is. Die saak is sedert 2 Mei voor regter Corné van Zyl aangehoor en is op die hofrol tot 26 Mei.

Dit was vanoggend baie rustig by die hof ten spyte van die ANC  se aansoek om van vandag 24 Mei tot Vrydag 26 Mei van 9:00 tot 16:00 hul ondersteuning te wys by die Parys landdroshof vir die families van Samuel Jubeda en Simon

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button