ANC ondersteuners by hof verwag
Die ANC het aansoek gedoen om van vandag 24 Mei tot Vrydag 26 Mei van 9:00 tot 16:00 hul ondersteuning te wys by die Parys landdroshof vir die families van Samuel Jubeda en Simon Tjixa vir wie se dood 6 mans aangekla is. Die verhoor van die mans is nog tot 26 Mei op die …

Die ANC het aansoek gedoen om van vandag 24 Mei tot Vrydag 26 Mei van 9:00 tot 16:00 hul ondersteuning te wys by die Parys landdroshof vir die families van Samuel Jubeda en Simon Tjixa vir wie se dood 6 mans aangekla is. Die verhoor van die mans is nog tot 26 Mei op die hofrol.
Nagenoeg 300 ANC lede word verwag.
Aansoek is ook gedoen vir n optog op 29 Mei vanaf Tumahole na die Parys landdroshof maar sal uitgestel word sou die hofverrigtinge uitgestel word.
Die verhoor in die hoë hof is gister ook uitgestel na n aansoek van die staat dat een van die beskuldigdes, Anton Loggenberg, se borg teruggetrek moet word weens beweerde oortreding van die borgvoorwaardes. Die staat voer aan dat daar dreigemente was ten opsigte van die staat se getuies.
Die staat se aansoek sal vanoggend om 09:00 deur die hof aangehoor word.
Intussen is gevra dat mense wat die hofverrigtinge gaan bywoon eerder elders parkeer.



