NewsNews

Helikopter-tragedie

’n  Vlieënier is Sondagoggend 21 Mei dood toe sy ligte vliegtuig naby die R59 in die rigting van Vereeniging neergestort het. Die man is op die toneel dood. Dit volg kort nadat die 47-jarige Douw Wentzel sr, ’n  boer van die Cornelia-distrik en die 14-jarige André Deale, ’n  graad 8 leerling van Hoërskool Vrede, Vrydagmiddag …

’n  Vlieënier is Sondagoggend 21 Mei dood toe sy ligte vliegtuig naby die R59 in die rigting van Vereeniging neergestort het. Die man is op die toneel dood.
Dit volg kort nadat die 47-jarige Douw Wentzel sr, ’n  boer van die Cornelia-distrik en die 14-jarige André Deale, ’n  graad 8 leerling van Hoërskool Vrede, Vrydagmiddag laat in ’n  helikopterongeluk by Heilbron gesterf het.
Die twee oorlewendes van die helikopter-ongeluk, Douw jr. en Louw Deale (49) is steeds in die Netcare Union-hospitaal in Alberton.
Douw jr sou vanoggend, Maandag 22 Mei, in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton geopereer word om gebreekte rugwerwels te herstel. Louw is in ’n  stabiele toestand in dieselfde hospitaal. Hy was teen gistermiddag nog nie buite gevaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button