NewsNews

Plaaslike fliek bekroon met 8ste by New York-rolprentfees

Plaaslike rolprent, KROTOA, wat eers in Augustus in Suid-Afrika vrygestel word, het uit die staanspoor die harte van kykers en kritici, regoor die wêreld, verower. Die film het die afgelope naweek sy agtste toekenning ingepalm, toe dit aangewys is as Beste Film by die Harlem Internasionale Rolprentfees in New York. Plaaslike rolprent, KROTOA, wat eers …

ss_cinema_poster_v1

Plaaslike rolprent, KROTOA, wat eers in Augustus in Suid-Afrika vrygestel word, het uit die staanspoor die harte van kykers en kritici, regoor die wêreld, verower. Die film het die afgelope naweek sy agtste toekenning ingepalm, toe dit aangewys is as Beste Film by die Harlem Internasionale Rolprentfees in New York.

KROTOA is net so indrukwekkend en onvergeetlik soos die historiese heldin waarop hierdie merkwaardige fliek gebaseer is. Dit is ’n aangrypende verhaal oor ’n dapper vrou, wat alles in die stryd gewerp het, om geboorte te gee aan die wonderlike nasie waarvan ons almal vandag deel is. Dit het nie net ’n kragtige boodskap, waarmee almal kan vereenselwig nie, maar beloof ook om die kyker op ’n onvergeetlike avontuur te neem na vervloë tye.

Die rolprent spog ook reeds met met ses amptelike benoemings deur internasionale rolprentfeeste, soos die Internasionale Rolprentfees vir Omgewing, Gesondheid en Kultuur, Wêreld-filmtoekennings, Artemis Vroue-in-aksie-filmfees en die Nashville-rolprentfees.

Hierdie geskiedkundige drama vertel die storie van ’n vurige elfjarige Khoi-prinses, wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dameSy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind. . KROTOA (Crystal Donna Roberts), wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig.

 Die fliek, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, is geskep deur ’n dinamiese span vroue, met bekroonde filmvervaardiger, Roberta Durrant, as regisseur en vervaardiger. Roberta is die skepper van verskeie suksesvolle Suid-Afrikaanse televisiereekse, waaronder Ring of Lies, Home Affairs (wat benoem is vir twee Internasionale Emmy-toekennings en as Beste Drama by die Banff-rolprentfees), Montana, Izingane Zobaba, Sokhulu and Partners (benoem vir ’n Internasionale Emmy-toekenning en as Beste Drama by die Africa Magic-toekennings), Shreds and Dreams, Saints and Sinners, Zbondiwe, Isikizi en Forced Love; asook situasie-komedies soos Sgudi Snaysi, Going Up, About Us, Madam & Eve (wenner van ’n Roos-toekenning vir Beste Komedie by die Golden Rose Festival in Switzerland), SOS, Fishy Feshuns, Going Up Again, Mazinyo dot Q, en Stokvel. Haar kinderfliek, Felix, het sewentien internasionale filmtoekennings gewen, terwyl ander produksies soos Inside Out, Skilpoppe en Ingoma ook baie goed ontvang is. Laasgenoemde is in 2016 met ses SAFTA-toekennings bekroon. Sy is ook die skepper van die nuwe kykNET-drama, Sara se Geheim.

“Daar is baie min Suid-Afrikaanse vroue, in vergelyking met mans, wat erkenning kry vir die impak wat hulle op die land se geskiedenis gehad het. Vroue soos Ruth First, Lillian Ngoyi, Bettie du Toit en Sophia Williams-du Bruyn het sterk gestaan in die opstand teen die Apartheidsregering. Wanneer ons egter delf in Suid-Afrika se ryk geskiedenis, ontdek ons dat daar ander inheemse vroue is wat instrumenteel was tot die ontwikkeling van ons nasie – selfs nog voor diegene wat gehelp veg het vir ons vryheid,” sê Durrant.

 KROTOA (of Eva, soos die Nederlanders haar genoem het) is die heldin van hierdie fliek. Dit is nie net belangrik om haar storie te vertel as gevolg van alles wat sy bereik het nie, maar ook om te beklemtoon dat sy vasgevang was tussen twee leefwyses en dat sy telkemale gedwing is om te kies tussen hierdie twee kulture. Identiteit, die behoefte om in te pas en versoening is die sterk, universele temas van hierdie kragtige verhaal. Dit is veral belangrik, omdat die identiteit van ’n persoon – wat tussen twee kulture staan – so relevant is in ons multikulturele samelewing,” voeg sy by.

Jacques Bessenger, Doen Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendon Daniels en Ernest St Clair is ook in hierdie bekroonde verhaal te sien.

KROTOA is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Die rolprent word op 4 Augustus 2017 (Vrouemaand), deur Ster-Kinekor Entertainment, uitgereik en is die perfekte manier om die blywende impak te vier wat Suid-Afrikaanse vroue op ons wonderlike nasie gehad het.

Ander toekennings sluit in:

  • ’n Toekenning van Uitnemendheid by Die Internasionale Rolprentfees vir Vroue, Sosiale Kwessies en Zero-diskriminasie;
  • ’n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by die Depth Of Field International Film Festival;
  • ’n Platinum-toekenning by die Internasionale Rolprenttoekennings;
  • ’n Diamant-toekenning by die Wêreldfees vir Filmmakers;
  • ’n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by The IndieFEST-filmtoekennings;
  • ’n Toekenning van Uitnemendheid met spesiale vermelding vir Vroulike filmmakers by die Accolade Global Film-kompetisie; en
  • ’n Wêreld-platinumtoekenning by die World Woman-toekennings.

Related Articles

Back to top button