NewsNews

Outdoor X 2017

Outdoor X gaan vanjaar GROTER as GROOT wees! Dagboek nou al 27 en 28 Mei en maak seker jy en jou hele gesin is DAAR! Outdoor X nooi almal na die lekkerste skou van die jaar, die naweek van 27 en 28 Mei by Malonjeni Guest Farm tussen Vereeniging en Heidelberg! Moenie dié grootste buitelug- …

Outdoor X nooi almal na die lekkerste skou van die jaar, die naweek van 27 en 28 Mei by Malonjeni Guest Farm tussen Vereeniging en Heidelberg!
Moenie dié grootste buitelug- en ontspanningskou misloop nie. Die publiek kan nader staan om meer as 350 top gehalte uitstallings te kom besigtig met al die groot handelsname.
Dit sluit Sunseeker Campworld, Makro, Mobilodge, 4×4 Mega World en nog vele meer in.
Makro Vaal spog met ‘n 900m2 uitstalling hierdie jaar en gaan groot spesiale aanbiedinge hê op alle buitelug produkte.
Kom groet die kykNET span van Kampkos en Toks & Tjops.
Outdoor X is ook ‘n motorskou en al die groot motorhandelaars stal jaarliks hier uit. Besoekers kry die geleentheid om elke fabrikaat se nuutste modelle te kom besigtig, soos Star Nissan Vereeniging met die nuutste Navara en New Vaal Motors met die Mercedes E-klas wat self parkeer.
Die Landbou- en Jagtersafdelings is ook groter met uitsonderlike produkte en spesiale aanbiedinge.
Outdoor X het vanjaar ook ‘n visvangkliniek, wat aangebied word deur hengellegendes Schalk van Breda, Loukie van der Merwe en Barend Breedt. Daar is ook ‘n PetX met allerhande troetieldierprodukte, hondevertonings en hondetelers.
Unieke en besonderse vroueprodukte wat nie in plaaslike winkelsentrums beskikbaar is nie, sal ook ten toon gestel word.
Kinders sal vermaak uit die boonste rakke geniet met Outdoor X se enorme kinderpretpark en aktiwiteite vir kleuters tot tieners. Outdoor X bied ook ‘n 4×4 baan aan vir die publiek, boogskiet, helikoptervlugte, valskermvertonings, kunstenaars soos Refentse, Juan Boucher, Franja du Plessis, Piet Pompies en nog vele meer.
En asof dit nie genoeg is nie, kom besoek die Aquazone met ‘n eilandatmosfeer en alles wat met watersport te doen het.
Daar is ook ‘n groot verskeidenheid stalletjies met liplekker kos, en ’n biertuin. Nuut hierdie jaar is grassnyerresies, nasionale kettingsaagkompetisies, kleiduifskiet, ‘n bergfietswedren en nog vele meer.
Outdoor X is propvol besonderse vermaak en beloof om sonder twyfel elke persoon met pure genot te bederf.
Kaartjies sal by die hekke te koop wees en kos R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (6-12 jaar) en kinders onder 6 is gratis. Skoutye is 09:00 tot 17:00 vir albei dae.
Vir meer inligting of ‘n voorsmaak van wat jy te wagte kan wees, besoek www.outdoorx.co.za of FB OutdoorX.
Vir maklike aanwysings na Malonjeni Guest Farm, tik in “OutdoorX Show” op Google “maps” op meeste selfone.
* Outdoor X wil graag die volgende borge bedank: Star Nissan Vereeniging, Sub Sahara Power Distributors en Graphic Imprint.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button