NewsNews

Regter besoek toneel

Regter Corné van Zyl, vergesel van die regsspanne van die staat en die verdediging, die beskuldigdes en lede van die media het vanoggend 16 Mei die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik besoek waar Samuel Jubeda en Simon Tjixa op 6 Januarie 2016 deur boere en inwoners van die Weiveld-omgewing aangekeer is toe hulle ’n ander  …

Regter Corné van Zyl, vergesel van die regsspanne van die staat en die verdediging, die beskuldigdes en lede van die media het vanoggend 16 Mei die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik besoek waar Samuel Jubeda en Simon Tjixa op 6 Januarie 2016 deur boere en inwoners van die Weiveld-omgewing aangekeer is toe hulle ’n ander  boer van die omgewing, Loedie van der Westhuizen sr. te hulp wou snel.
Die staat beweer dat die twee, toe hulle aangekeer is só erg aangerand is dat hulle kort daarna aan hul beserings in die hospitaal beswyk het.
Die besoek was om regter Van Zyl ’n  idee te gee van die terrein waar die mans aangetref is en die paaie tot by die plaas asook die afstand tussen die plase Swartklip, en Biesiesbult waar die  plaasaanval was.
Vanmiddag is die kruisondervraging van die staatspatoloog dr Baung Lairi afgesluit. Die verhoor duur môre voort en is tot 26 Mei op die hofrol geplaas.

Regter Corné van Zyl en die regsspanne op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik: Foto: Mariné Lourens, Maroela Media.
Die toneel waar die ambulans die polisiewa langs die pad ontmoet het op 6 Januarie 2016 om die twee beseerde mans na die hospitaal te vervoer. Regter Corné van Zyl en die onderskeie regspanne het Dinsdag die toneel besoek. Foto: Alet van der Walt, Volksblad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button