NewsNews

Verbrande kinderlyk gevind: Verdagte in die hof

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 15 jarige meisie vermoor het, verskyn môre (16 Mei) in die Klerksdorp landroshof. Illustration photo ‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 15 jarige meisie vermoor het, sal  môre (16 Mei) in die Klerksdorp landroshof verskyn op aanklag van moord. Dit volg nadat die verbrande …

police,saps

Illustration photo

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 15 jarige meisie vermoor het, sal  môre (16 Mei) in die Klerksdorp landroshof verskyn op aanklag van moord.

Dit volg nadat die verbrande lyk van die 15 jarige kind in ‘n veld naby Jouberton gevind is. Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, is die meisie  Vrydag (12 Mei) die laaste keer gesien.

“Die familie het haar Saterdag (13 Mei) as vermis aangemeld, die volgende dag is haar verbrande lyk gevind,” het Mokgwabone gesê.

Die verdagte is kort nadat die lyk gevind is, in hegtenis geneem. Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die geval ten sterkste veroordeel maar die betrokke polisielede geprys nadat hulle so vinnig die verdagte in hegtenis geneem het.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button