NewsNews

SAUK in die moeilikheid: Soek meer lisensiegeld

James Aguma, uitvoerende hoof van die SAUK, het Woensdag in die parlement geskok deur te sê dat die SAUK meer kyk-toestelle by die Uitsaaiwet moet insluit. James Aguma, uitvoerende hoof van die SAUK, het Woensdag (10 Mei) in die parlement geskok deur te sê dat die SAUK meer kyk-toestelle by die Uitsaaiwet moet insluit. Hy …

James Aguma, uitvoerende hoof van die SAUK, het Woensdag (10 Mei) in die parlement geskok deur te sê dat die SAUK meer kyk-toestelle by die Uitsaaiwet moet insluit.

Hy redeneer dat mense TV-lisensies moet kry vir rekenaars, selfone en tablette.

Volgens Channel24 het Aguma, die SAUK se bestuur en die SAUK se nuwe tydelike raad voor die parlement se portefeulje komitee oor kommunikasie verskyn om die parlement in te lig oor die jongste stand van sake by die openbare uitsaaier en om sy hersiende korporatiewe plan voor te lê.

Hy het gesê dat die SAUK begroot dat daar minder inkomste uit SAUK se TV-lisensies genereer gaan word, maar dat die SAUK veranderinge aan die Uitsaaiwet wil bring sodat mense TV-lisensies moet hê vir meer toestelle waarop hulle televisie kan kyk.

Op die oomblik word dit vereis dat ’n mens vir ’n TV-lisensie betaal vir toestelle wat ’n televisiesein kan ontvang.

Soos wat video-op-aanvraag, digitale uitsending en video-inhoud wat deur ander toestelle uitgesaai word toeneem, kyk miljoene meer Suid-Afrikaners televisie-inhoud op hul rekenaars, skootrekenaars, selfone, tablette en ander toestelle.

Aguma het gesê dat indien die Uitsaaiwet aangepas word, dit die insamelingsbasis vir SAUK se TV-lisensie sal vergroot wat om die beurt die potensiële inkomste wat die openbare uitsaaier kan insamel op dié manier sal vermeerder.

Volgens Netwerk24, lyk die SAUK se geldsake beroerd. Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, het Woensdag (10 Mei) in die parlement onthul dat die uitsaaier nie genoeg geld het om sy finansiële verpligtinge na te kom nie. Die verlies vir die vierde kwartaal van die finansiële jaar, wat 31 Mei geëindig het, is omtrent R500 miljoen.

Volgens Aguma kan die verliese aan Hlaudi Motsoeneng, voormalige uitvoerende hoof van die SAUK,  se kwota van plaaslike inhoud toegeskryf word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button