CommunityHealthLifestylePhoto Galleries

Kuier saam by Winterfees

VANDERBIJLPARK. – ‘n Groot winter musiekfees word beplan om ‘n plaaslike vrou, wat ‘n rugoperasie moet ondergaan, te help met fondse. Toegang is slegs R50 per persoon. Daar sal optredes wees deur Richard van der Westhuizen, Anton Myburgh, Juan Boucher, Ray Dylan, Sean Miles, Dusty Dixon, Anton Botha, Cordelia, Stiaan Reynierse en Piet Pompies. Die …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Groot winter musiekfees word beplan om ‘n plaaslike vrou, wat ‘n rugoperasie moet ondergaan, te help met fondse.
Toegang is slegs R50 per persoon. Daar sal optredes wees deur Richard van der Westhuizen, Anton Myburgh, Juan Boucher, Ray Dylan, Sean Miles, Dusty Dixon, Anton Botha, Cordelia, Stiaan Reynierse en Piet Pompies.
Die fees is te bate van Elize Visagie. Sy het sowat drie jaar gelede die besering opgedoen en die werwels knyp die senuwee vas. Die fees vind plaas by J&B Pub and Grill in Vanderbijlpark op 17 Mei. Dit begin reeds om 11:00. Toeskouers kan ‘n stoel en kombers saambring. Daar sal eetgoed en ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.
VCR 90.6 gaan daarvandaan uitsaai.
Mnr. Danie du Plessis van Molto Musica borg die verhoog en klank.
Vonk Musiek en Pixelx borg ook die projek. Marius Dreyer het ook ingestem om die seremoniemeester te wees vir die dag.
* Vaalweekblad-lesers staan die week ‘n kans om kaartjies vir die groot fees te wen.

 

Elize Visagie, Rug operasie, Anton Myburgh, J&B Pub & Grill, Jannie du Plessis, Vaalweekblad, Parys Gazette
Elize Visagie en haar verloofde, Anton Myburgh.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button