NewsNews

Uitspraak vanoggend gehoor oor SAUK se aansoek om verhoor te beeldsend

Regter Corné van Zyl sal om 10:00 vanoggend in die Rondgaande Hoë Hof in Parys uitspraak gee oor óf die verhoor van die ses mans wat aangekla is vir moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, regstreeks deur die SAUK uitgesaai sal word aldan nie. Dit is slegs die derde keer in …

Regter Corné van Zyl sal om 10:00 vanoggend in die Rondgaande Hoë Hof in Parys uitspraak gee oor óf die verhoor van die ses mans wat aangekla is vir moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, regstreeks deur die SAUK uitgesaai sal word aldan nie. Dit is slegs die derde keer in die geskiedenis dat só ’n  aansoek gebring word. Die ander twee gevalle is met die Oscar Pistorius verhoor en die Van Breda-saak waar ’n  appelhofbeslissing in dié verband Donderdag 18 Mei verwag word.
Die Parys-saak verskil egter wesenlik van die Pistorius en Van Breda sake waar daar nie direkte ooggetuies was nie.
Die verhoor van Boeta van der Westhuizen (47) en sy seun Loedie (18), Anton Loggenberg (50) en sy seun Cor ( 20), kapt. Henk Prinsloo (47), en Miela Jansen van Vuuren (23) is vroeg vandeesweek uitgestel hangende ‘n dringende aansoek van die openbare uitsaaier.
Die SAUK se advokate Terry Motau en Stuart Scott het die aansoek namens die uitsaaier gebring om kameras in die hof te kan hê tydens die verhoor waar al ses beskuldig onskuldig pleit op die twee klagtes van moord. Boeta van der Westhuizen en Loedie van der Westhuizen word naas die klagte van moord ook vir regsverydeling aangekla waarop hulle ook skuld ontken het.
Dit het gister in die hof geblyk dat die SAUK blykbaar onder die indruk was dat hy die verhoor mag uitsaai, omdat televisiekamers verlede jaar tydens die mans se aansoek om borg in die hof toegelaat is.
Regter Van Zyl was egter baie duidelik daaroor dat die vorige hofverskynings in ’n  ander hof was voor ’n  ander voorsittende beampte in ander omstandighede.
Die aansoek word deur die staat teengestaan. Adv. Nkosi Thomas het vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), aan die hof gesê dat die staat sowat 60 getuies het, en dat van die getuies uit vrees vir viktimisasie en intimidasie bang sal wees om in die hof te getuig as dit regstreeks uitgesaai word.
Thomas het ook gesê die doel van die verhoor is om agter die waarheid te kom en nie om mense te vermaak nie.
Die uitsaaier op sy beurt voel dit is in openbare belang om die verhoor uit te saai en ook van die beeldmateriaal op van sy ander kanale te gebruik.
Die saak teen die ses spruit uit ‘n voorval op 6 Januarie 2016 toe Loedie van der Westhuizen sr. na bewering op sy plaas  in die Weiveld-distrik aangeval is. Hy kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk waarop boere en ander inwoners van die omgewing kom help het en Jubeda en Tjixa kort daarna aangekeer is.
Die staat voer aan dat die beskuldigdes Jubeda en Tjixa glo sodanig sou aangerand het dat hul later aan hul beserings beswyk het.
Regter Corné van Zyl het gesê die SAUK aansoek moet eers hanteer word alvorens voortgegaan kan word met die verhoor wat tot 26 Mei op die hofrol is
Die hof het gistermiddag (Woensdag 10 Mei) tot na 19:00 gesit om die regspanne se betoë te kon afhandel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button