NewsNews

Richard Caldwell gesels met Voëllklub-lede

Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub vind op Donderdag 18 Mei om 18:30 plaas in die Sally Martin Park saal in Parys. Richard Caldwell sal by die geleentheid weer oor die voëls wat hy die afgelope tyd gesien het, gesels. Daar sal ook foto’s van lede vertoon word. Lede van die klub ry orals …

Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub vind op Donderdag 18 Mei om 18:30 plaas in die Sally Martin Park saal in Parys.
Richard Caldwell sal by die geleentheid weer oor die voëls wat hy die afgelope tyd gesien het, gesels. Daar sal ook foto’s van lede vertoon word. Lede van die klub ry orals rond en dit is altyd interessant om te sien watter voëls hul gesien het.
Belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon en almal word genooi om ook deel te neem aan die uitstappie. Dit geskied op Saterdagoggend  20 Mei.
Belangstellendes ontmoet om 07:00 by Pick and Pay se parkeerterrein vanwaar die groep na Kopjeskraal vertrek. Bring jul piekniekmandjies, verkykers en stoele saam.
Skakel gerus vir Hansie Bekker (056 811 4754 of 082 820 4306 of Peter Killian by 056 817 6031 of 083 625 8100, vir meer inligting oor die klub of uitstappie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button