Richard Caldwell gesels met Voëllklub-lede
Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub vind op Donderdag 18 Mei om 18:30 plaas in die Sally Martin Park saal in Parys. Richard Caldwell sal by die geleentheid weer oor die voëls wat hy die afgelope tyd gesien het, gesels. Daar sal ook foto’s van lede vertoon word. Lede van die klub ry orals …

Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub vind op Donderdag 18 Mei om 18:30 plaas in die Sally Martin Park saal in Parys.
Richard Caldwell sal by die geleentheid weer oor die voëls wat hy die afgelope tyd gesien het, gesels. Daar sal ook foto’s van lede vertoon word. Lede van die klub ry orals rond en dit is altyd interessant om te sien watter voëls hul gesien het.
Belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon en almal word genooi om ook deel te neem aan die uitstappie. Dit geskied op Saterdagoggend 20 Mei.
Belangstellendes ontmoet om 07:00 by Pick and Pay se parkeerterrein vanwaar die groep na Kopjeskraal vertrek. Bring jul piekniekmandjies, verkykers en stoele saam.
Skakel gerus vir Hansie Bekker (056 811 4754 of 082 820 4306 of Peter Killian by 056 817 6031 of 083 625 8100, vir meer inligting oor die klub of uitstappie.



