O’Donoghue’s hou Parys rolbal se naam hoog
John en Magdel O’Donoghue het Saterdag uitstekend gevaar in die finale uitspeelrondtes van die Noordwes Rolbal gemengde pare kompetisie en het eers in die finaal die knie moes buig voor Ferdi en Helen Jansen van Strathvaal. Op pad na die finaal het die O’Donoghue’s afgereken met Pikkie Loots en Petra Rose van Klerksdorp, en toe …
John en Magdel O’Donoghue het Saterdag uitstekend gevaar in die finale uitspeelrondtes van die Noordwes Rolbal gemengde pare kompetisie en het eers in die finaal die knie moes buig voor Ferdi en Helen Jansen van Strathvaal.
Op pad na die finaal het die O’Donoghue’s afgereken met Pikkie Loots en Petra Rose van Klerksdorp, en toe met Tracy Jacobs en Raymond Loubser van Parys.
In die halfeind was hulle slagoffers die Klerksdorp-paar, Louis Botha en Anina Neethling.
Al die deelnemende spanne was beïndruk met die toestand van die Parys-rolbalklub se fasiliteite en spyseniering. ’n Groot pluimpie vir Parys!