NewsNews

Honger ‘n nood wat woorde nie kan beskryf nie

Ek glo dat die benarde finansiële posisie waarin die nie-regeringswelsynsorganisasies hulle landwyd bevind, reeds goed bekend is. Ook die plaaslike VVA ondervind dat die laat uitbetaling van subsidie deur die Provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, dit feitlik onmoontlik maak om voort te gaan met dienslewering aan die gemeenskap. Die VVA se maatskaplike werkers lewer onontbeerlike …

Ek glo dat die benarde finansiële posisie waarin die nie-regeringswelsynsorganisasies hulle landwyd bevind, reeds goed bekend is. Ook die plaaslike VVA ondervind dat die laat uitbetaling van subsidie deur die Provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, dit feitlik onmoontlik maak om voort te gaan met dienslewering aan die gemeenskap.
Die VVA se maatskaplike werkers lewer onontbeerlike vakkundige dienste aan die gemeenskappe van Parys en Vredefort.
In hierdie dienslewering word hul ondersteun deur vrywilligers, wat veral deur verskillende fondsinsamelingspogings probeer om die subsidie aan te vul ten einde te verseker dat met die werk voortgegaan kan word.
Ons organisasie is opreg dankbaar vir finansiële donasies, asook al die skenkings van tweedehandse klere, groente en ander goedere wat ons ontvang. Sonder hierdie ondersteuning kan diens aan die gemeenskap nie op volgehoue basis gelewer word nie.
Weens laat subsidie-uitbetaling verkeer ook ons organisasie tans in ’n  finansiële krisis
wat betref voorsiening van noodsaaklike lewensmiddele aan behoeftige persone.
Vir die eerste keer in baie jare is ons genoodsaak om hulpbehoewende persone weg te wys omdat ons nie oor die fondse beskik om geld op die voedselkaarte wat aan hulle gegee sou word, te laai nie. Dit is uiters hartseer as ’n  maatskaplike werker aan so ’n persoon, meermale met afhanklike kinders, moet sê: “Jammer, ek kan jou nie help nie !” Ons het ook geen nie-bederfbare voedsel in voorraad wat in sodanige geval gegee kan word nie.
Ons doen ‘n beroep op ons welwillende publiek om ons asseblief te help! Ons benodig geld vir voedselkaarte, nie-bederfbare voedsel (blikkieskos, meel, suiker ens) asook komberse vir die winter. As ons organisasie genoodsaak sou word om ons dienslewering af te skaal of uit te faseer, gaan dit juis dié deel van die gemeenskap wat reeds slegs met moeite kop bo water hou, die swaarste tref!
Kontak VVA by tel 056 811 2971

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button