NewsNews

Vanwaar my familie: Die Standers

“Stander” beteken “die Standvastige” Die Genealogiese Genootskap van SA 270 jaar gelede, in 1747 maar presiese datum is onbekend, arriveer die skip “Zaamslag” vanaf Breemen (Bremen)-Duitsland in Kaapstad waar die bemanningslid Heinrich Stander, “een ervaren matroos, ook belast met het afvuren van een kanon”, die skip verlaat om sy lewe in die kaap voort te …

Die Genealogiese Genootskap van SA

270 jaar gelede, in 1747 maar presiese datum is onbekend, arriveer die skip “Zaamslag” vanaf Breemen (Bremen)-Duitsland in Kaapstad waar die bemanningslid Heinrich Stander, “een ervaren matroos, ook belast met het afvuren van een kanon”, die skip verlaat om sy lewe in die kaap voort te sit. “Stander” beteken “die Standvastige” en met die stamvader se indienstreding by die VOC gee hy sy beroep as “Bosschieter”aan.
Heinrich, wat ongeveer in 1727 gebore is, het gou sy voete in die nuwe land gevind en was as messelaar werksaam tot einde 1750, daarna bottellier (keldermeester) tot kort voor sy oorlye op 10 April 1785, “sonder testament te maken geen vrou dog kinderen nalatende”. Hy het die allermintige bedrag van ƒ7452-15-7in sy boedel nagelaat.
Op 3 September 1752 het hy in die huwelik getree met Helena Lindequast (Lindeque), ged.16 Oktober 1729, ‘n dogter van Barend Lindeque en Magdalena Brits en weduwee van Adrianus Johannes Fictor (Victor).
Die egpaar het 10 kinders gehad waarvan die meeste se nageslag na Swellendam en later ook George in die Suidkaap verhuis het. Vir die volgende drie-vier geslagte het hulle nasate in die Suidkaap omgewing gewoon en gewerk totdat sommiges na die destydse ZAR en Vrystaat uitgewyk het.
Vir Heinrich en Helena is tien kinders, almal seuns, gebore maar net vier van die seuns het nageslag nagelaat.
b1 Frederik ged. 2.9.1753. (jonk oorlede),
b2 Barend ged. 18.7.1756 oorl. George 3.2.1835 x 13.2.1785, Maria Elisabeth Barnard ged. 9.11.1766 d/v Adam Barnard en Lea le Roux. (Twee van haar susters, Catharina Margaretha & Geertruyda Elizabeth, was getroud met Barend se jonger broers Hendrik b5 en Adriaan)
b3 Paulus * 18.7.1756 – geen verdere inligting.
b4 Christoffel ged. 30.7.1758. – ook geen verdere inligting.
b5 Hendrik ged.11.1.1761, was ‘n burger van Swellendam wat oorlede is te George op 25.11.1826 x Swellendam 29.7.1781 Catharina Margaretha Barnard ged.28.04.1765 oorl. 9.8.1835.
b6 Frederik ged.27.3.1763 x 13.2.1785 Jacomina Mosterd geb 19.02.1758. (dogter van Jacob Mosterd en Maria Magdalene de Peronne).
b7 Helena ged.17.3.1765
b8 Adriaan ged. Swellendam 4.5.1766 x 17.12.1786 Geertruyda Elizabeth Barnard ged. 1.12.1771.
b9 Christoffel ged.10.7.1768 – geen verdere inligting.
b10 Johannes Jacobus * 23.9.1770 en oorl.11.12.1770.
Adriaan Hendrikus geb. 12.01.1817, ‘n kleinseun van Adriaan b8) x Elizabeth Catharina Wilman, het later bekenheid verwerf as kommandant tydens die slag van Boomplaas en as stigter van Standerton (nadat hy in die Marico ‘n draai gemaak het byna aan koors gesterf het).
Enkele ander bekende en ook berugte Standers is onder andere veldkornet Karel Hendrik Burger Stander geb. 30.8.1865 wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het. Die rugbyspelers Rampie Stander (rugby-Springbok in die 1980’s) en C.J. Stander wat tans vir Ierland speel en nou ook vir die Britse Leeus gekies is. Burry Stander was ‘n bergfietsryer (wêreldkampioen in 2009) wat tydens ‘n wedren in 2013 gesterf het nadat sy fiets deur ‘n voertuig raakgery is.
In die skoonheidswêreld is die Standers ook voor in die ry, daarvan getuig twee Mej. SA, Mitzi Stander in 1968 en meer onlangs Rolene Strauss wie se moeder ‘n nooi Stander was.
‘n Berugte Stander was André, leier van die sogenaamde “Stander bende”, wat in die 1980’s in die nuus was weens gewaagde rooftogte. As seun van ‘n offissier in die gevangenisdiens was hy van jongs onder druk om ‘n loopbaan in die Gevangenisdiens te volg.
Hy het egter misdaad sy loopbaan gemaak. Nadat hy en twee makkers meer as 30 banke beroof het, is hulle gevang en hy is tot 75 jr (effektief 17 jr) tronkstraf gevonnis. Hulle het egter ontsnap en het na die VSA gevlug waar Stander te Fort Lauderdale tydens ‘n skermutseling met die VSA polisie gedood is.
Vir meer inligting skakel Amanda Stander by jj.stander@gmail.com of besoek die Genealogiese Genootskap van SA se webwerf www.genza.org.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button