NewsNews

65-jarige praat oor aanranding by voëlreservaat

’n 65-jarige man is Vrydagmiddag omstreeks 14:00 by die Prozesky voëlreservaat aangerand. Chris de Jager (65) is Vrydagmiddag by die Prozesky voëlreservaat aangerand. Foto: Dustin Wetdewich ’n 65-jarige man is Vrydagmiddag omstreeks 14:00 by die Prozesky voëlreservaat aangerand. Chris de Jager, wat al ongeveer 10 jaar lank as bestuurder van die rioolaanleg werk, was op …

Chris de Jager (65) is Vrydagmiddag by die Prozesky voëlreservaat aangerand. Foto: Dustin Wetdewich

’n 65-jarige man is Vrydagmiddag omstreeks 14:00 by die Prozesky voëlreservaat aangerand.
Chris de Jager, wat al ongeveer 10 jaar lank as bestuurder van die rioolaanleg werk, was op pad na ’n vergadering toe hy ’n jong man op ’n vierwielmotorfiets gesien het wat by die reservaat rondjaag.
“Ek het nader gestap en vir hom gesê hy moet stadiger ry,” vertel hy.
Volgens hom het die man hom daarna aangerand. Hy het De Jager platgeslaan en terwyl hy op die grond gelê het, het die man hom begin skop.
“Ek het by hom gepleit om op te hou, maar hy het vir my gesê, hier maak ek net soos ek wil,” sê De Jager.
Die man het glo na sy vierwielmotorfiets terug geloop, waar hy iets gedrink het en die aanranding op De Jager voortgesit het.
“Ek het aanvaar dat dit die einde van my is. Hy het weggestap en twee duike in my kar geslaan voordat hy weggejaag het,” verduidelik hy.
De Jager het sy selfoon by hom gehad en sy seun gebel.
Die ambulans en polisie is na die toneel ontbied. Behalwe vir die skraapmerke en kneusplekke wat hy opgedoen het, het De Jager ook een van sy ribbebene gebreek.
“Die uitdrukking op sy gesig is iets wat ek nog nooit gesien het nie,” vertel ’n ontstelde De Jager.
Volgens hom is die man bekend vir dié tipe gedrag. “Ek lewe in vrees,” vertel hy. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer ondersoek.
Die man is glo bekend aan die polisie en het na bewering ook ’n vorige saak van aanranding wat nog hangend is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button