NewsNews

Catherine Robson-video: Ma sê kinders het gejok

VEREENIGING. – Na ‘n video op sosiale media soos ‘n veldbrand verprei het waarin drie meisies van die Catherine Robson-kinderhuis onder meer wil hê die Minister van Gesondheid moet ondersoek by dié kinderhuis kom instel, het die ma en suster van een van die dogters erken dit was leuens. In die video stel die meisies, …

In die video stel die meisies, van wie twee minderjarig is, hulself voor en dan sê ‘n vrou in die agtergrond hulle moet vertel wat by die kinderhuis aangaan. Hulle vertel ook dat al hul voorregte van hul weggeneem word en dat hulle nie toegelaat word om enigiets te doen nie. Hulle sê daar is kokkerotte en staalwol in die kos wat hulle kry en die kos word in vuil potte voorberei. Verder sê hulle die huismoeders vloek en slaan die kinders en sleep hulle ook in die gang.

Hulle wil ook graag hê die Minister van Gesondheid moet ondersoek by die kinderhuis kom instel.

‘n Ondersoek rakende die kommerwekkende aantygings is egter van stapel gestuur, maar intussen het een van die meisies in die video se ma, mev. Doris Visser en suster, mev. Erika Olivier, skriftelik aan die Catherine Robson-bestuur erken dat die dogters nie die waarheid gepraat het nie.

Die ondertekende brief lees as volg:

Ek, Doris Visser en Erika Olivier, een van die dogters in die video se ma en suster ***. Die bewerings wat gemaak is, is onwaar. Ons het na die video geplaas is uitgevind dat dit leuens was. Ons was emosioneel betrokke en dit is waarom ons nie gedink het die video gaan nagevolge hê nie. Die video het bereik dat die departement dit wel gaan ondersoek en is tans besig daarmee. Dit waarvan die kinderhuis beskuldig word is onwaar.

Die brief is vanoggend 09:34 geteken na mev. Visser en mev. Olivier ‘n afspraak met die kinderhuis aangevra het.

 

Related Articles

Back to top button