Photo GalleriesSport
Sussies verras met skitter rolbalspel
Die sussies Jumè en Jozellè Swart van Vredefort, het saam met hul ouers, Landie en RJ as ‘n span van 4 ingeskryf vir die Parys-rolbalklub se groot NTT vleisborgdag wat op 27 April gehou is. Die sussies is 8 en 9 jaar oud onderskeidelik en het weer gewys dat rolbal beslis nie net ’n sport …

Die sussies Jumè en Jozellè Swart van Vredefort, het saam met hul ouers, Landie en RJ as ‘n span van 4 ingeskryf vir die Parys-rolbalklub se groot NTT vleisborgdag wat op 27 April gehou is.
Die sussies is 8 en 9 jaar oud onderskeidelik en het weer gewys dat rolbal beslis nie net ’n sport vir volwassenes is nie. Inteendeel – dit is op hierdie ouderdom wat Springbokke gebore word.
Daar was 42 spanne van 4 elk en hierdie 2 kleingoed het baie van die ander spanne opdraende gegee. Baie goeie spel is onder leiding van hul ouers gespeel en het hulle die bal net so goed gerol soos baie ander meer ervare spelers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



