NewsNews

Regter gee teregwysing vir media

Regter Corné van Zyl het in ‘n kort hofsitting vanoggend in die Rondgaande hof in Parys gevra dat alle getuies en betrokkenes by die verhoor van die ses beskuldigdes wat  tereg staan op twee klagte van moord ná die dood van Simon Tjixa en Samuel Jubeda in Januarie 2016, in die hofsaal sal wees waar …

Regter Corné van Zyl het in ‘n kort hofsitting vanoggend in die Rondgaande hof in Parys gevra dat alle getuies en betrokkenes by die verhoor van die ses beskuldigdes wat  tereg staan op twee klagte van moord ná die dood van Simon Tjixa en Samuel Jubeda in Januarie 2016, in die hofsaal sal wees waar sy  al die feite duidelik uiteengesit het oor waarom die hofverrigtinge gister 2 Mei eers na 15:00 begin het en wat die redes vir die oponthoud was.

Sy het spesifiek verwys na sekere mediaberigte gister waarin te kenne gegee is dat sy glo verantwoordelik sou wees dat die hofverrigtinge  laat begin het, en sy ook glo sou gesukkel het met verblyfreëlings. Regter Van Zyl het gesê dat die berigte vals en onwaar was en gelas dat die onderskeie mediahuise wat die berigte geplaas het dit moet regstel.

Sy het dit duidelik gestel dat sy betyds was en haar verblyfreëlings lankal getref  en bevestig was. Ook dat die hele regspan op hoogte was van presies wanneer die verrigtinge sou begin. Die rede vir die hofverrigtinge wat eers die middag kon begin, was dat sekere dokumente baie laat aan die verdediging oorhandig is, en die verdediging tyd nodig gehad het om die dokumente te bestudeer. Toe die hofverrigtinge moes begin het, het die verdediging aangedui dat hulle nog tyd sou nodig hê.

Uiteindelik is ‘n ooreenkoms bereik dat die hofverrigtinge uitgestel sal word na vandag en het regter Van Zyl na ‘n kort sitting die hof gister verdaag tot vanoggend om 10:00. Tydens vandag se sitting is die hof weer om uitstel gevra en het regter Van Zyl beslis dat die hofverrigtinge môre om 09:30 sal hervat sodat daar genoegsame tyd sal wees om seker te maak dat die regspan alle nodige dokumente het sodat die verhoor kan voortgaan. Sy het ook die regsverteenwoordigers gevra om almal op hoogte te hou oor waarom die verdaging gevra is.

Die beskuldigdes is Anton Loggenberg (50), sy seun Cor Loggenberg (18), Boeta van der Westhuizen (46), sy seun Loedie van der Westhuizen (18), Miela Jansen van Vuuren (22) en kapt. Henk Prinsloo (46). Die saak is tot 26 Mei op die rol geplaas.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button