NewsNews

Pasgebore baba in plastieksak gevind

’n Pasgebore baba is gisteroggend op Joe Slovo-rylaan in Berea, Johannesburg, gevind. Illustrasie foto Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die seuntjie in ’n plastieksak toegedraai toe hy gevind is. Nooddienspersoneel het hom op die toneel behandel voor hy vir dringende mediese sorg hospitaal toe geneem is. Sy toestand is kritiek. Onthou die Emunah Foundation …

Illustrasie foto

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die seuntjie in ’n plastieksak toegedraai toe hy gevind is.

Nooddienspersoneel het hom op die toneel behandel voor hy vir dringende mediese sorg hospitaal toe geneem is. Sy toestand is kritiek.

  • Onthou die Emunah Foundation in Parys beskik oor ‘n Wall of Life vir moeders wat nie instaat is om na hul baba om te sien nie en voel dat daar geen ander uitweg is nie.
  • Die egpaar Colin en Sonja Viljoen het in Julie 2015 die Emunah Foundation in Parys gestig as nie-winsgewende maatskappy. Die afgelope jaar het hierdie egpaar met hul toewyding om verwaarloosde, weggegooide en mishandelde kinders te help, reeds ’n verskil in nege jong lewens gemaak. Hulle werk nou saam met die maatskaplike werkers van Vrystaat Versorging in Aksie, asook die SAPD en die hospitaal.
    Die Viljoens het die groot nood raakgesien van slagoffers van huishoudelike geweld en ander omstandighede wat te midde van die trauma geen veilige heenkome het, dikwels juis na-ure en oor naweke.
    Deel van Emunah Foundation is ook ’n Wall of Life-projek om aborsies en pasgeborenes wat agtergelaat word op plekke soos vullishope, in toilette ensovoorts, te help voorkom. Die Wall of Life is in Schilbachstraat 81.
    Die Wall of Life-projek is aanvanklik deur ’n  polisielid,  wyle Michelle Stephenson van Vanderbijlpark begin met die Jessica’s Wall of Life projek. Sy is in 2006 as polisielid uitgeroep na ’n vullishoop waar sy gekonfronteer is met die harde werklikheid van ’n baba wat weggegooi is op ’n vullishoop.
    Met soveel deernis het sy die babalykie uitgehaal en toegesien dat sy met waardigheid begrawe is soos haar eie kind. Daar het die gedagte posgevat om seker te maak dat elke baba eerder die kans op lewe sou hê as ’n aborsie of om weggegooi te word deur ’n ma wat moontlik voel dat sy geen ander opsie het nie.
    Twee jaar later, in 2008, is Jessica’s Wall of Life in Vanderbijlpark opgerig en twee jaar later het sy die eerste oproep van die hospitaal gekry van ’n baba wat hier geplaas is.
    Die Wall of Life is ’n “kluis” met ’n voor- en agterdeur. Sodra die voordeur oopgemaak word om die baba in die kluis te plaas, gaan ’n alarm af by die hospitaal of plek waar die muur is, sodat daar dadelik aan die baba aandag gegee kan word. Ultra-violet ligte binne die kluis maak seker dat die temperatuur gunstig is vir die baba.
    Die baba word dan deur versorgers soos die Viljoens versorg totdat ’n geskikte tuiste gekry kan word deur die regte kanale te volg.
    Emunah Foundation is suiwer afhanklik van die goedhartige skenkings en bydraes van die gemeenskap.

Related Articles

Back to top button