NewsNews

Beeste lewend opgekap

Derde keer in een maand dat boere van dié gebied geteiken word Tonele uit die baie skokkende video. Retha Fitchat ‘n Boer van ‘n entjie buite die Vaaldriehoek in die rigting van Fochville het op 30 April  ‘n skokkende video aan Vaalweekblad beskikbaar gestel.  Dit het op ‘n plaas langs die R500-roete plaasgevind. Die video …

Tonele uit die baie skokkende video.

Retha Fitchat

‘n Boer van ‘n entjie buite die Vaaldriehoek in die rigting van Fochville het op 30 April  ‘n skokkende video aan Vaalweekblad beskikbaar gestel.  Dit het op ‘n plaas langs die R500-roete plaasgevind. Die video wys die handewerk van bloeddorstige misdadigers wat in die nagtelike ure van Saterdagoggend nege groot Bonsmara-koeie se boude en skouerblaaie afgekap het terwyl hulle nog geleef het. Dit is die derde keer in ‘n maand dat boere van hierdie omgewing geteiken is.

Party van die koeie was dragtig. Drie klein kalfies is ook gevind waar hulle langs hul dooie ma’s gelê het. Daar was weer eens net twee persone aan diens by die Buffelshoek-polisiestasie en die betrokke boere kon net met groot moeite ‘n saak oopmaak.

Die twee boere wat die eienaars van die beeste was, vra dat groot dank oorgedra word aan die Veediefstal-eenheid  A.O. (Knox) en die reserviste vir die vinnige en professionele optrede op die toneel.

Koepel Vis se mense sowel as mede-boere word ook opreg bedank vir hul bystand.

Related Articles

Back to top button