NewsNews

Spur is jammer, hier is hul plan van aksie

Die restaurantgroep Spur het hul aksieplan aangekondig  na die voorval by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum verlede maand. Die video waar ‘n man en vrou mkaar verskree en byna te lyf gaan is wyd op sosiale media gedeel en het groot reaksie ontlok. Dit is na die vrou se kind glo die man se …

Die video waar ‘n man en vrou mkaar verskree en byna te lyf gaan is wyd op sosiale media gedeel en het groot reaksie ontlok. Dit is na die vrou se kind glo die man se kind in die speelarea geboelie het.

Spur het in ‘n verklaring gesê dat hulle graag die publiek om verskoning wil vra en dat hul reaksie tekort geskiet het het en nie aan hul gewone hoë standaarde voldoen het nie. Luidens die verklaring het die groep ma die voorval aan ‘n aksieplan gewerk om sy tekortkomings in die hantering van die saak aan te pak.

‘n Paneel kenners sal saamgestel word om ‘n indiepte ondersoek van die voorval op 19 Maart te doen. Prof. Elmien du Plessis van die regsfakulteit aan die Noorwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is genader om hiermee te help.

Die paneel sal onafhanklik wees en onbeperkte toegang hê tot alle feite en opnames rakende dié voorval. Dit is egter onbekend hoe lank die ondersoek sal duur.

Intussen het Spur ook stappe geneem om ‘n nasionale aksieplan van stapel te stuur om die verhouding tussen kinderopassers en kinders in die speelarea te verbeter, sodat daar meer volwasse toesig is. Daar is verder ook ‘n heropleidingsaksie begin om die kundigheid en vaardighede van kinderopassers op te skerp.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button