NewsNews

VAALDAM: Kan jy dit glo?

Vir etlike maande is daar gehoop, gewens, gebid en gewag vir die reën sodat die Vaaldam, wat vroeër vanjaar so leeg was dat dit water vanaf die Sterkfonteindam moes ontvang, ‘n hupstoot kon kry. Die Vaaldam Na goeie reën gedurende Februarie uitgesak het, moes twee sluise van die Vaaldam op 26 Februarie oopgemaak word om …

Die Vaaldam

Na goeie reën gedurende Februarie uitgesak het, moes twee sluise van die Vaaldam op 26 Februarie oopgemaak word om die vlak van die Vaaldam te beheer wat toe op 97% gestaan het,

Nou, twee maande later, na waterbeperkings iets vand ie verlede is en inwoners weer tuine kan besproei en soos normaal aangaan, is die watervlak van dié dam 103%. Die nuutste watervlak is op 26 April deur Rand Water op hul webtuiste bekendgemaak.

Ander damme se watervlak lyk ook goed. Sterkfonteindam staan op 89.7%, Grootdraaidam op 94.9% en Bloemhofdam op 101.6%.

Om te dink nie te lank terug het die Vaaldam se watervlak onder die minimum gesak en vandag is dit propvol.

  • Gebruik steeds water spaarsamig – water is immers lewe

Die foto is geneem op 26 Februarie 2017 toe twee sluise van die Vaaldam oopgemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button