NewsNews

VAALDAM: Kan jy dit glo?

Vir etlike maande is daar gehoop, gewens, gebid en gewag vir die reën sodat die Vaaldam, wat vroeër vanjaar so leeg was dat dit water vanaf die Sterkfonteindam moes ontvang, ‘n hupstoot kon kry. Die Vaaldam Na goeie reën gedurende Februarie uitgesak het, moes twee sluise van die Vaaldam op 26 Februarie oopgemaak word om …

Die Vaaldam

Na goeie reën gedurende Februarie uitgesak het, moes twee sluise van die Vaaldam op 26 Februarie oopgemaak word om die vlak van die Vaaldam te beheer wat toe op 97% gestaan het,

Nou, twee maande later, na waterbeperkings iets vand ie verlede is en inwoners weer tuine kan besproei en soos normaal aangaan, is die watervlak van dié dam 103%. Die nuutste watervlak is op 26 April deur Rand Water op hul webtuiste bekendgemaak.

Ander damme se watervlak lyk ook goed. Sterkfonteindam staan op 89.7%, Grootdraaidam op 94.9% en Bloemhofdam op 101.6%.

Om te dink nie te lank terug het die Vaaldam se watervlak onder die minimum gesak en vandag is dit propvol.

  • Gebruik steeds water spaarsamig – water is immers lewe

Die foto is geneem op 26 Februarie 2017 toe twee sluise van die Vaaldam oopgemaak is.

Related Articles

Back to top button