NewsNews

Slagoffer van plaasaanval begrawe

VANDERBIJLPARK.- Die aanval Woensdagaand, 19 April op ‘n boer van die omgewing is van ernstige aanranding en huisroof na moord verander, nadat die boer aan sy beserings beswyk het. Familie, vriende en boere van die Parysomgewing kyk toe terwyl werkers die graf grawe op die familieplaas waar wyle mnr. Frans Harmse se vrou ook begrawe …

Bo: Familie, vriende en boere van die Parysomgewing kyk toe terwyl werkers die graf grawe op die familieplaas waar wyle mnr. Frans Harmse se vrou ook begrawe is. Die begrafnis vind Vrydag plaas. Hy het na ‘n plaasaanval aan sy beserings gesterf. Foto: Jannie du Plessis.

Familie, vriende en boere van die Parysomgewing kyk toe terwyl werkers die graf grawe op die familieplaas waar wyle mnr. Frans Harmse se vrou ook begrawe is. Die begrafnis was vanoggend, Vrydag 28 April. . Foto: Jannie du Plessis.

VANDERBIJLPARK.- Die aanval Woensdagaand, 19 April op ‘n boer van die omgewing is van ernstige aanranding en huisroof na moord verander, nadat die boer aan sy beserings beswyk het.
Mnr. Frans Hendrik Harmse (87) of Klein soos die meeste mense hom geken het, is  Vrydagmiddag, 21 April omstreeks 13:00 in die algemene saal van die Sebokeng Hospitaal oorlede. Familie wou nog dieselfde middag vir oom Klein na Cormed in Vanderbijlpark oorplaas.
Hy is Woensdagaand omstreeks 20:00 op die plaas Modderfontein op die Parys/Fochville- pad (R500) aangeval en baie ernstig beseer. Hy het ernstige snye, beserings en skedelbreuk opgedoen, nadat die inbrekers hom met ‘n hamer geslaan het. Oom Klein het in die toestand wat hy was nog die paniekknoppie van die alarm gedruk, waarna twee van sy buurmanne, mnre. Pieter Bezuidenhout en Koos de Bruin hom te hulp gesnel het. ER24 is dadelik ontbied en binne minute het verskeie boere in die omgewing opgedaag om te help. ER24 paramediese personeel het hom op die toneel gestabiliseer en na Mediclinic Vereeniging geneem, waarna hy Donderdag, 20 April na die Sebokeng Hospitaal oorgeplaas is. Die polisie het intussen ‘n verdagte in hegtenis geneem en weer vrygelaat, maar hy gaan weer in hegtenis geneem word nadat positiewe bewyse gevind is dat hy op die toneel was. Oom Klein het self nie meer die lande bewerk nie en het dit uitverhuur. Een van die huurders se werkers is die verdagte. Volgens familie het die man gereeld vir Oom Klein in die tuin rondom die plaashuis gehelp. Oom Klein laat sy drie kinders, Kobus Harmse, Nellie Fouchè en Kotie de Bruin, 10 kleinkinders en ses agterkleinkinders na. Die begrafnis was vanoggend,  Vrydag 28 April om 11:00 vanuit die Nuwe Lewens Gesinskerk in Boswellstraat. Hy is in die familiebegraafplaas op die plaas Modderfontein begrawe. Die familie het hul dank uitgespreek teenoor ER24 en al die boere wat op die toneel kom help het.

Klein Harmse

Plaaswerkers grawe die graf op die familieplaas waar wyle mnr. Frans Harmse Vvandag begrawe sal word. Hy het na ‘n plaasaanval aan sy beserings gesterf. Foto: Jannie du Plessis.

Klein Harmse se jongste dogter Kotie de Bruin en haar man Sarel hier in die plaashuis se kombuis waar haar pa ernstig aangerand is by die kombuistafel. Foto: Jannie du Plessis

Related Articles

Back to top button