NewsNews

Munisipaliteit spring blitsig in om krag te herstel

Sakelui in die omgewing van Philipstraat wat net na 14:00 deur ‘n kragonderbreking geraak is toe ‘n vragmotor ‘n kragpaal raakgery het op die h/v Reunie- en Philipstraat, sal binnekort na verwagting weer krag hê. Die ongeluk het veroorsaak dat van die kragdrade gebreek het en  die verbindings in die transformator gebrand het op die …

Sakelui in die omgewing van Philipstraat wat net na 14:00 deur ‘n kragonderbreking geraak is toe ‘n vragmotor ‘n kragpaal raakgery het op die h/v Reunie- en Philipstraat, sal binnekort na verwagting weer krag hê.

Die ongeluk het veroorsaak dat van die kragdrade gebreek het en  die verbindings in die transformator gebrand het op die h/v Philip- en Loopstraat. Die Ngwathe munisipaliteit se elektriese afdeling het onmiddellik ingespring om te probeer om kragtoevoer so gou moontlik na die besighede wat geraak is te herstel. Gelukkig kon van die verbindings uit ‘n ou transformator gekry word.

Related Articles

Back to top button