NewsNews

Motoriste moet bedag wees om ongelukke te voorkom

Hoewel daar heelwat verkeerstekens beskadig of weg is in Parys,  is dit steeds elke motoris se verantwoordelikheid om behoorlik op die uitkyk te wees om ongelukke te voorkom. Volgens prokureur Clarissa Pienaar,  wat met eise voortspruitend uit motorongelukke werk, kan die plaaslike owerheid aanspreeklik gehou word vir ongelukke wat veroorsaak is deur die afwesigheid van …

Volgens prokureur Clarissa Pienaar,  wat met eise voortspruitend uit motorongelukke werk, kan die plaaslike owerheid aanspreeklik gehou word vir ongelukke wat veroorsaak is deur die afwesigheid van verkeerstekens, juis omdat die doel van verkeerstekens daarop gerig is om verkeer veilig te reguleer en ongelukke te voorkom.

“Die afwesigheid van ‘n verkeersteken skep ‘n gevaar en as dit onverwags is, en ‘n motoris nie redelikerwys voorkomend kon optree nie, kan die versuim van die plaaslike- of provinsiale owerheid om binne ‘n redelike tyd nadat hulle bewus geword het van ‘n verwyderde verkeersteken, aanspreeklik gehou word vir skade, verlies, beserings of dood, wat uit ‘n ongeluk of botsing mag voortspruit,” sê Pienaar.

Sy sê ook dat hoewel verkeerstekens mag ontbreek, elke motoris steeds die regsplig het om ten alle tye ‘n behoorlike uitkyk te hou en rederlikerwys ongelukke te voorkom. “Indien ‘n persoon in aantog tot ‘n kruising sou sien dat ‘n ander motoris ‘n rooi lig of ‘n stopteken gaan ignoreer en dit moontlik is om ‘n botsing te vermy, sal daar regtens van die persoon wat die ongeluk redelikerwys kan vermy, verwag word om voorkomend op te tree, selfs al het die ander persoon nie die reg van weg gehad nie.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button