News

Gesin glo uitgewis in gru-ongeluk

Vier mense is gisteraand (22 April) omstreeks 22:00 op die N12 oorlede. Die vier is na bewering almal deel van een gesin. P | 2 hours ago Die voertuig waarin die vier mense oorlede is. Vier mense is gisteraand (22 April) omstreeks 22:00 op die N12 oorlede. Die vier is na bewering almal deel van een …

Die voertuig waarin die vier mense oorlede is.

Vier mense is gisteraand (22 April) omstreeks 22:00 op die N12 oorlede. Die vier is na bewering almal deel van een gesin.

Ses ander mense is ook tydens die ongeluk wat ongeveer 20 km van Potchefstroom plaasgevind het, beseer. Paramedici van ER24 en IMR ambulansdienste het op die toneel gekom waar hulle die erg beskadigde voertuig gevind het. Die gesin waaronder een ń kind is, was na bewering oppad terug van Angus Buchan se bid byeenkoms in Bloemfontein af.

Die N12 was toe gewees waarna die verkeer na een baan herlei is. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button