NewsNews

Topstudent vra hulp om kanker te oorleef

’n Topstudent maak staat op skenkings en gebede om sy lewe te help red nadat hy met ’n aggressiewe kanker wat veral in sy beenmurg voorkom, gediagnoseer is. Pieter Goosen ’n Topstudent maak staat op skenkings en gebede om sy lewe te help red nadat hy met ’n aggressiewe kanker wat veral in sy beenmurg …

Pieter Goosen

Pieter Goosen

’n Topstudent maak staat op skenkings en gebede om sy lewe te help red nadat hy met ’n aggressiewe kanker wat veral in sy beenmurg voorkom, gediagnoseer is. Pieter Goosen, ’n 22-jarige regstudent aan die NWU se Potchefstroomkampus, is in November 2016 gediag-noseer met T-akute limfoblastiese leukemie. In Desember is hy in ’n hospitaal in Pretoria opgeneem, waar hy drie weke in isolasie moes deurbring en intensiewe chemoterapie ontvang het.

Pieter is tans in remissie, maar weens die erns van die tipe leukemie wat hy het, is daar ’n baie groot kans dat hy ’n terugslag kan hê. Pieter se enigste hoop tot ’n gesonde toekoms is dus om ‘n stamsel oorplanting te kry, maar aangesien daar geen toepaslike skenker vir hom in die Suid-Afrikaanse register van stamsel skenkers is nie, moet daar na internasionale skenkers gesoek word. Volgens sy dokter, dr. Michael Cass, kan hierdie proses sowat R500 000 kos, en het die gesin skenkings nodig om dit moontlik te maak.

Pieter het sy B.A.-graad in Regte en sou hierdie jaar sy finale LLB jaar voltooi het, maar weens die erns van sy kanker, kon hy nie die jaar sy studies voortsit nie.
Volgens sy ma, Jackie Goosen, administratiewe beampte van die direkteur by fakulteit verpleegkunde, mag Pieter glad nie in kontak kom met ander mense nie, aangesien hy baie vatbaar is vir infeksie.

Pieter is ‘n toppresteerder en het al sy tyd in sy studies ingesit. “Hy het al sy krag daarin gesit, en is baie ernstig daaroor,” sê Jackie. Pieter se toestand het ook baie skielik gekom, en dit het ‘n groot impak op sy lewe gemaak. Hy kan nie sy vriende sien nie, mag nie dorp toe gaan nie, en verlaat slegs die huis wanneer hy weekliks na sy dokter in Pretoria moet gaan.

“Hy is ’n stil seun en ons weet nie altyd wat in sy kop aangaan nie,” maar ondanks sy toestand, bly hy en sy gesin steeds baie positief. Ons glo hy gaan ’n skenker kry sodat hy kan gesond word en verder studeer,” sê Jackie.

“Ons vra die gemeenskap se hulp en gebede.”

Volgens sy ma is Pieter besig om uit sy siklus van behandeling te beweeg, en daarom is dit belangrik dat hy so gou moontlik ’n skenker opspoor. Vir meer inligting oor hoe om Pieter te help, skakel Jackie by 083 566 1430.

Skenkings kan in die volgende bankrekening inbetaal word:
Rekeninghouer: Pieter Goosen
Bank: Eerste Nasionale Bank
Tak: Wilkoppies
Takkode: 250053
Rekeningnommer: 62683636241

Of volg die skakel om ‘n skenking te maak:
https://www.generosity.com/medical-fundraising/pieter-needs-a-crucial-blood-stem-cell-transplant

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button