NewsNews

Plaasaanval in ons area

VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud. Illustrasie Foto: Google.com VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud. …

Illustrasie Foto: Google.com

VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud.

‘n 87 Jarige man is ongeveer 20:00 gisteraand op die plaas Modderfontein op die Parys Fochville pad (R500), aangeval en baie ernstig beseer. ‘n Onbekende aantal booswigte het die plaas betree en die man in sy huis aangerand. Hy het ernstige snye en beserings opgedoen asook skedelbreuk nadat die inbrekers hom met ‘n hammer geslaan het.

Hy is gisteraand deur ER24 Paramediese personeel op die toneel behandel en na die Vereeniging Medi Clinic gehaas waarna hy vanoggend Donderdag 20 April na die Sebokeng hospitaal oorgeplaas is. Die polisie en forensiese deskundiges ondersoek tans die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button