NewsNews

Heilbron ongeluk – opdatering

SASOLBURG. – JC Pretorius (Jnr), die eienaar van die bekende Tau Thaba-leeuplaas buite Heilbron, het ernstige beserings in die botsing opgedoen Dinsdagaand 18 April toe die Ford Ranger wat hy bestuur het, reg van voor met ‘n ander bakkie gebots het. JC Pretorius (jnr) saam met sy kinders. Foto: Facebook SASOLBURG. – JC Pretorius (Jnr), …

JC Pretorius (jnr) saam met sy kinders. Foto: Facebook

SASOLBURG. – JC Pretorius (Jnr), die eienaar van die bekende Tau Thaba-leeuplaas buite Heilbron, het ernstige beserings in die botsing opgedoen Dinsdagaand 18 April toe die Ford Ranger wat hy bestuur het, reg van voor met ‘n ander bakkie gebots het.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, sê die paramedici het met hul aankoms net ná 19:00 Dinsdagdagaand die twee voertuie aangetref. Wrakstukke het oor ’n groot gebied versprei gelê. JC, wat baie ernstig beseer was, is per lugambulans na die Unie hospitaal in Alberton geneem, maar het kort ná sy aankoms daar aan sy beserings beswyk.

Vier ander beseerdes was nog in die voertuie vasgekeer. Meganiese kake moes deur brandweermanne ingespan word om hulle te bevry. Die vier beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ’n hospitaal op Heilbron geneem vir verdere behandeling. JC word oorleef deur sy vrou Meloney en sy kinders. Die polisie ondersoek die voorval

Die twee voertuie na die ongeluk. Foto’s: Netcare 911

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button