NewsNews

Voëlklub kuier by Boschenvaal

Die volgende byeenkomste van die Feather Voëlklub vind plaas op Donderdag, 20 April 2017. Beide die uitstappie en die vergadering vind op die dag plaas. UITSTAPPIE: Alle belangstellendes word uitgenooi om op Donderdagoggend om 06:30 by die Pick and Pay se parkeerterrein te wees. Die groep vertrek van daar af na Boschenvaal waar hulle saam …

Die volgende byeenkomste van die Feather Voëlklub vind plaas op Donderdag, 20 April 2017. Beide die uitstappie en die vergadering vind op die dag plaas.

UITSTAPPIE: Alle belangstellendes word uitgenooi om op Donderdagoggend om 06:30 by die Pick and Pay se parkeerterrein te wees. Die groep vertrek van daar af na Boschenvaal waar hulle saam met John Bradshaw sal kyk watter voëls daar is. Bring jul piekniekmandjies, verkykers en stoele saam.

Om 18:30 op Donderdagaand ontmoet klublede en ander belangstellendes weer by Sally Martinpark se saal in Parys. By die geleentheid sal John Bradshaw die klub besoek en gesels oor een van sy onlangse voëlkyk-uitstappies. Hierdie sal seker John se laaste besoek aan Feathers Voëlklub wees aangesien hulle binnekort see toe verhuis.

Skakel gerus vir  Hansie Bekker (056 811 4754 / 082 820 4306) indien jul nadere inligting oor die uitstappie of die vergadering verlang

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button