NewsNews

Rommelstatus – wat nou?

Die rommelstatus waarvan almal praat het te doen met die gradering van SA se skuld. SA se skuld is afgradeer omdat die risiko dat die geld nie alles terugbetaal sal kan word nie, vergroot het. Jenwil Die rommelstatus waarvan almal praat het te doen met die gradering van SA se skuld. SA se skuld is …

Jenwil
Die rommelstatus waarvan almal praat het te doen met die gradering van SA se skuld. SA se skuld is afgradeer omdat die risiko dat die geld nie alles terugbetaal sal kan word nie, vergroot het.
Die graderingsvlak waar SA nou is word sub-investering, spekulatief of rommelstatus genoem. Volgens Rocco Carr van Glacier van Sanlam was die afgradering na rommelstatus redelik deur die mark verwag, en daarom het niks skrikwekkend sover met die rand en beurs gebeur nie.
Rommelstatus gaan ons ekonomiese groei op die langtermyn redelik aan bande lê omdat dit gewoonlik gepaard gaan met ‘n verswakking in die geldeenheid, hoër inflasie en hoër rentekoerse.
Volgens Rocco was baie fondsbestuurders reeds geposisioneer om die uitwerking van die afgradering te verminder. Almal is nou onseker oor wat op kort termyn gedoen moet word, maar iets wat hy uit vorige krisisse geleer het is dat geen emosionele spronge geneem moet word nie.
In tye soos hierdie is die beste optrede gewoonlik om eerder niks drasties te doen nie.
Die belangrikheid van ‘n goed gediversifiseerde portefeulje is veral nou van belang. Krisisse het ‘n manier om nuwe geleenthede oop te maak, en die belegger wat kan vasbyt word gewoonlik hiervoor beloon.
Volgens Rocco behoort die volgende beleggingsbeginsels gevolg te word sodat die emosies bestuur kan word:
1. Sorg dat jou beleggingstermyn, doel en risikoprofiel in ag geneem word in jou planne
2. Diversifiseer tussen verskillende bateklasse (aandele, eiendom, effekte en kontant) en fondse:
a. Moenie meer as 15% in ’n enkele fonds plaas tensy daar ’n goeie rede is nie
b. Moenie meer as 30% by ’n enkele maatskappy plaas nie
c. Kombineer groter en kleiner bestuursmaatskappye met verskillende beleggingsfilosofieë en style, want hulle bied verskillende geleenthede
3. Hersien jou belegging gereeld en pas inkomstevlakke aan indien nodig
4. Hou by jou strategie en moenie onnodig tussen fondse rondspring nie. Onthou, as al jou fondse gelyk goed doen, gaan almal gelyk sleg doen en dit is dan nie goeie diversifisering nie.
Vir enige navra kontak gerus die kundige span by Jenwil by potch@jenwil.co.za of skakel 082 048 6309 vir ‘n afspraak met een van hul kundige finansiële beplanners.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button