Parys rolbalspanne val uit in NW halfeind
Parys se twee rolbalspanne wat verlede Saterdag aan die finale wedstryde van die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap, wat by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind het, deelgeneem het, is beide in die halfeindwedstryde uitgeskakel. Die vrouespan van Magdel O’Donoghue, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein is deur die verdedigende kampioenspan van Orkney geklop. Parys se mansspan wat …
Parys se twee rolbalspanne wat verlede Saterdag aan die finale wedstryde van die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap, wat by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind het, deelgeneem het, is beide in die halfeindwedstryde uitgeskakel.
Die vrouespan van Magdel O’Donoghue, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein is deur die verdedigende kampioenspan van Orkney geklop.
Parys se mansspan wat bestaan uit Rudi Jacobs, Moekie Uys en Henk Prinsloo was in ‘n verbete stryd gewikkel teen die uiteindelike kampioen, die span van Strathvaal. Na agtien koppe was die Strathvalers met een skoot die wenners: 16-15.
Gene Hill, Chris Nicalou en Ben Theunissen van Strathvaal het die titel gewen na hulle die Buiteklub se Pieter Cloete, Jabu Nkosi en Meshack Kali in die finaal geklop het (22-10). Orkney se vrouespan, Burnadine Muller, Suzette Linden en Adeline Earle het die vrouespan van Potch Rolbalklub (Rose du Plessis, Miems Labuschagne en Serlina Venter) met 23-11 in die finaal geklop.



