NewsNews

Twee kinders dood na N12 ongeluk

Vier mense is dood, insluitend twee kinders, en vier is beseer nadat ‘n voertuig op 10 April op die N12 naby Stilfontein gerol het. Vier mense is dood, insluitend twee kinders,  en vier beseer nadat ‘n voertuig gisteraand (10 April) omstreeks 19:00 op die N12 naby Stilfontein gerol het. Paramedici van  ER24 het met aankoms …

ongeluk

Vier mense is dood, insluitend twee kinders,  en vier beseer nadat ‘n voertuig gisteraand (10 April) omstreeks 19:00 op die N12 naby Stilfontein gerol het.
Paramedici van  ER24 het met aankoms vier mense, wat glo 10-15 meter van die voertuig af geslinger is, gevind.

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die twee vroue en kinders kon doen  nie. Hulle is dood op die toneel verklaar,” het Annine Dormehl, ER24 woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die vroue was na bewering 35 en 60 jaar oud terwyl die kinders glo 7 en 11 jaar oud was.

Twee mans en twee kleuters was gelukkig om slegs met geringe beserings weg te stap. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle deur ander nooddienste hospitaal toe vervoer is vir verdere behandeling.

Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.
Plaaslike owerhede sal ‘n ondersoek na die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button