NewsNews

Rioolkrisis lê SA lam

Plaaslike regerings regoor die land word oorval met klagtes oor riool. Die riool wat lek hou gesondheidsrisiko’s en erge besoedeling vir die natuur in. Illustrasie foto Volgens die burgeregte-organisasie AfriForum ontvang dié takke landswyd daagliks klagtes wat met riool verband hou. Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, het aan Maroela Madia gesê daar word geskat …

Illustrasie foto

Volgens die burgeregte-organisasie AfriForum ontvang dié takke landswyd daagliks klagtes wat met riool verband hou. Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, het aan Maroela Madia gesê daar word geskat dat sowat 4 200 megaliter rou riool daagliks in ons rivierstelsels opeindig omdat 82% van die land se rioolaanlegte nie aan toepaslike wetgewing en standaarde voldoen nie.

AfriForum sal egter jaarliks water (bloudruppel) en riooltoetse (groendruppel) doen en ‘n verslag op grond van die uitslag opstel en gemeenskappe kan dan deur middel van geloofwaardige en aanvare metodes ingelig bly oor hul dorp se drinkwater en die mate van besoedeling wat teenwoordig is.

Suid-Afrikaners wag tot vandag toe vir die 2014-verslag oor Suid-Afrika se rioolstatus. Volgens Pawson moes die Depatement van Omgewingssake in die 2015/2016-finansiële jaar R827 miljoen aan die tesourie teruggee omdat geld nie bestee is nie.

AfriForum is egter van plan om druk te plaas op die departement om die verslag bekend te maak.

Intussen kan jy AfriForum se initiatief ondersteun deur die naam van jou dorp na 45354 te SMS teen R1.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button