NewsNews

Professore se Aprilgek-stories tref die kol

Twee professore van die Puk het op 1 April met twee treffer Aprilgek-stories behoorlik die kat in die hoenderhok losgelaat. Prof. Fika Janse van Rensburg. Twee professore van die Puk het op 1 April met twee treffer Aprilgek-stories behoorlik die kat in die hoenderhok losgelaat. Die rektor, prof. Fika Janse van Rensburg, het in ‘n …

Prof. Fika Janse van Rensburg.

Prof. Fika Janse van Rensburg.

Twee professore van die Puk het op 1 April met twee treffer Aprilgek-stories behoorlik die kat in die hoenderhok losgelaat.
Die rektor, prof. Fika Janse van Rensburg, het in ‘n video op Facebook aangekondig dat een van die studente se gewildste kuierplekke op die kampus, die Draak, toegemaak gaan word. Glo omdat baie dissiplinêre aksies voortgespruit het uit kuiertjies by die Draak en omdat daar klagtes was van ander kuierplekke!
Dit het die kol getref, want sommer gou-gou het honderde studente kommentaar gelewer of die storie aangestuur. Hier en daar het een darem gewonder of daar nie ’n slang in die gras is nie. En inderdaad het prof. Fika darem later almal gerusgestel.
Die NWU-Puk se bekende omgewingskenner, prof. Kobus van der Walt, het ook ’n uitstekende storie gehad.

Prof. Kobus van der Walt.

Prof. Kobus van der Walt.

Hy het Saterdag tydens sy gereelde Omgewingspraatjie op RSG luisteraars baie oortuigend meegedeel dat die regering die Outeniquaberge tussen George en die Klein Karoo met 100m gaan verlaag, ten einde die invloei van wolke te verbeter en sodoende die reënval in daardie droë gebiede te verhoog. En indien die projek geslaagd is, gaan hulle Tafelberg met 200m verlaag om die droogte daar te verlig.
Die klankleêr is by https://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20170401_BREKFIS_OMGEWING.mp3
Prof. Kobus het heelwat e-posse, van onder andere woedende luisteraars, hieroor gekry!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button