NewsNews

Canine Distemper (Hondesiekte)

  Tumahole het op die oomblik ‘n uitbraak van Hondesiekte. Die uitbraak het met ‘n paar gevalle ongeveer die begin van Maart begin maar het nou drasties toegeneem. Die Vaaldriehoek het gereeld Hondesiekte en die vermoede bestaan dat die beweging van mense en honde tussen die Vaaldriehoek en Parys die siekte hiernatoe gebring het. Ons …

 

Tumahole het op die oomblik ‘n uitbraak van Hondesiekte. Die uitbraak het met ‘n paar gevalle ongeveer die begin van Maart begin maar het nou drasties toegeneem. Die Vaaldriehoek het gereeld Hondesiekte en die vermoede bestaan dat die beweging van mense en honde tussen die Vaaldriehoek en Parys die siekte hiernatoe gebring het. Ons gemeenskap het baie jare laas Hondesiekte gehad en die honde het geen immuniteit oor (tensy ingeent) nie; ongelukkig verwag ons dat daar nog baie honde gaan siek word en ook sterf.

Hondesiekte is ‘n hoogs aansteeklike virussiekte. Die virus is besonders taai en kan nie met gewone huishoudelike skoonmaakprodukte uitgewis word; dit beteken dat eiendomme vir jare besmet kan bly.

Die siekte word maklik versprei deur virusiname deur die neus en mond; dit beteken dat as ‘n siek hond naby ‘n gesonde hond hoes, nies of afskeidings afgee/mors, die gesonde hond kan aansteek. Besmette mis en uriene asook oog- en neusafskeidings is ook aansteeklik.

Die virus kan ook op oppervlaktes oorleef soos bv vloers, skoensole, klere, hande en skoonmaakaparaat. Dit beteken dat die siekte ook kan aansteek sonder direkte kontak tussen honde.

Sekere wilde diere soos muishonde, jakkalse en leeus kan ook die siekte versprei.

Kleinhondjies onder die ouderdom van 6 maande is die mes vatbaar, maar enige hond kan die siekte kry veral waar daar ‘n uitbraak plaasvind en die honde  geen immuniteit teen die siekte het nie (soos tans in Tumahole).

Simptome kan so gou as 3-6 dae na besmetting wys maar dit mag ook langer vat . Die verloop van die siekte kan vinnig wees of ‘n paar weke vat voor die dier dood gaan.

Die simptome wat gesien word kan gekoppel word aan die liggaamsstelsel wat aangetas word:

Algemeen: Hoe koors in die vroe stadiums, lusteloosheid, swak eetlus, gewigsverlies, ontwatering.

Asemweë: Loperige neus en dik mucus/slym afskeiding van die neus en oë, hoes en ophoes van slym.

Spysverteringsstelsel: Oormatige speekselvloei, naarheid en braking

Senuweestelsel: Trekkings/spring van spiere op kop en later oor die hele liggaam, epileptiese tipe aanvalle, stuipe, spring/trekkings  van kaakspiere, swak ko-ordinasie en ligsensitiwiteit. Senuweesimptome vererger met tyd en mag binne 10 dae tot dood lei maar mag ook vir weke, selfs maande aanhou. Indien pasiente oorleef is daar gewoonlik permanente skade.

Permanente skade: Oorlewendes behou gewoonlik harde voetsole en neuspunte asook gevoelige lugweë en verteringsstelsel en ook senuweeskade.

Behandeling: Daar is geen bekende effektiewe behandeling teen Hondesiekte nie. Alle behandeling is slegs ondersteunend om die liggaam te help terwyl hy die virus self beveg. Antibiotika, drips en anti-iflammatoriese middels ens help slegs om simptome te verlig. Deur siek diere te behandel bevorder ‘n mens ongelukkig die verspreiding van die siekte. Hulpbronne wat hier spandeer word kan dalk beter aangewend word om gesonde diere te ent. Ongelukkig eindig Hondesiekte gewoonlik in die sterf van die pasient of genadedood.

Hondesiekte in die gemeenskap: Die voorkoms van Hondesiekte kan direk gekoppel word aan oorbevolking van honde, rondloper honde en die afwesigheid van entings.

Die voorkoming van Hondesiekte word gedryf deur bevolkingsbeheer, hou van honde binne erwe, hygiene en enting, enting, enting !!!!!

Verdere verspreiding van die siekte word ongelukkig gedryf deur genadedood van siek honde en dan ook deur enting van soveel gesonde honde soos wat hulpbronne toelaat.

Indien u dier simptome toon kontak asb u naaste veearts of DBV. Let asb  ook op  na deeglike verwydering en/of skoonmaak van besmette areas van diaree, braaksel, speeksel en afskeidings. Maak asb seker dat besmette klere ordentlik gewas word voor enige kontak met ander honde. Handewas is uiters belangrik nadat daar kontak was met ‘n siek hond.

Die belangrikste is om u dier te laat inent en ook ‘n skraagdosis te gee 4 weke later en om u hond binne u erf te hou.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button