NewsNews

Geen kans vir wegkom vir drankwinkel-rower

’n  Vermeende rower het Saterdagoggend hom vasgeloop in die eienaar van Overland Liquor Warehouse in Kruisstraat, die op-en-wakker sakelui in dié straat en ander werkers wat seker gemaak het die man kom nie weg nie. Die man het omstreeks 07:40 toegang tot die winkel gekry toe hy hom voorgedoen het as ’n  haastige kliënt.  Dalila …

’n  Vermeende rower het Saterdagoggend hom vasgeloop in die eienaar van Overland Liquor Warehouse in Kruisstraat, die op-en-wakker sakelui in dié straat en ander werkers wat seker gemaak het die man kom nie weg nie. Die man het omstreeks 07:40 toegang tot die winkel gekry toe hy hom voorgedoen het as ’n  haastige kliënt.  Dalila Alho en een van haar werkers was toe reeds in die winkel waar die werker ’n  ander kliënt agter by die laai-area gehelp het.
Die gewapende man het eers ’n bier gekoop en toe die gelaaide wapen op Dalila agter die toonbank gerig. ’n  Stoeiery tussen hulle het ontstaan waartydens hy haar onder meer teen die kop geskop en sy haar bewussyn verloor het. In die chaos wat gevolg het terwyl die rower met haar van agter die toonbank tot by die deur gestoei het, het die werker en kliënt op haar gille gereageer. Hulp is ook deur Manny Alho van Manny’s Take Aways en Olympia Slaghuis ontbied. Terwyl die vermeende rower nog probeer vlug het uit die winkel het Manny die deure toegehou tot die polisie en sekuriteit op die toneel was,
Intussen het nog werkers van ’n  ander drankwinkel hom oorrompel en gesorg dat die rower nie sy voet uit die winkel sou sit nie, en ook niks kon vat nie.
Die polisie het beslag gelê op die vermoedelik gesteelde vuurwapen. Die man het Maandag voor die hof verskyn. Dalila het harsingskudding en kneusplekke op haar gesig en oor haar lyf opgedoen.
* Die afgelope week was daar ook nog voorvalle in die dorp waar mense se aandag afgetrek is by die OTM en hulle dan  van hul bankkaarte beroof is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button