NewsNews

‘n Hart wat klop met dankbaarheid

“Alles gaan oor dankbaarheid. As iemand my sou vra, ‘Hoe gaan dit?’, antwoord ek dat ek baie het om voor dankbaar te wees. Só kan die 65-jarige Des Furstenburg vandag gesels, presies op dag en datum 21 jaar ná sy hartoorplanting in die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad in 1996. Sy foto is ook een …

“Alles gaan oor dankbaarheid. As iemand my sou vra, ‘Hoe gaan dit?’, antwoord ek dat ek baie het om voor dankbaar te wees.
Só kan die 65-jarige Des Furstenburg vandag gesels, presies op dag en datum 21 jaar ná sy hartoorplanting in die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad in 1996.
Sy foto is ook een van die talle oorplantingspasiënte s’n in die Chris Barnard-museum by dié hospitaal. Sy hartprobleme het as kind begin toe hy rumatiekkoors gekry het wat dokters nie dadelik kon diagnoseer nie. Oor die jare het sy hart só verswak dat hy op 44-jarige ouderdom ’n hartoorplanting moes kry.
Selfs ’n klepvervangingsoperasie het geen verskil gemaak nie, en is hy vir ses maande Kaap toe waar hy dag vir dag moes wag in die hoop en afwagting dat hy dalk ’n skenker sou kry.  Des het sy tweede kans gekry baie gou nadat sy naam op die waglys geplaas is.  Hy onthou baie goed die aand toe hy saam met ’n vriend op Duiwelspiek gesit het en die boodskap deurgekom het – jy moet so gou moontlik hospitaal toe kom.
Die vyf en ’n  half ure operasie waartydens hy naas die hart ook ’n  pasaangeër gekry het, het baie goed afgeloop en vyf dae na die operasie het hy kans gesien om in die 400m lange hospitaalgang af te stap, al het dit toe nog voetjie vir voetjie gegaan.  ’n  Jaar voor sy hartoorplanting moes hy uit sy werk bedank ter wille van sy gesondheid. Vandag het  hy ’n  gesonde en normale lewe, behalwe vir ouderdomskete skerts hy, en werk hy voldag by Midas in Sasolburg.  Danksy iemand wat die besluit geneem het om ’n  skenker te word, kon Des sy seun Vic, wat toe nog op laerskool was toe hy die hartoorplanting gehad het, sien grootword.  Hy kon sy liefde vir jag uitleef en as die kans hom voordoen sal hy graag weer Duitsland toe wil gaan.
So anders as die twee vriende wat hy 21 jaar gelede met die toetse voor sy oorplanting ontmoet het, maar wat nie die voorreg van ’n tweede kans betyds kon kry nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button