NewsNews

Begroting: Só styg tariewe

Slegs matige verhogings in tariewe (6.4%, behalwe krag) word voorsien in die nuwe ontwerp-begroting vir Ngwathe wat môre in die Raad ter tafel gelê word. Gazette verneem dat drie raadskomitees onlangs gereeld moes vergader om alles gereed te kry. Volgens wet moet die ontwerp-begroting elke jaar voor of op 31 Maart vir openbare deelname goedgekeur …

Slegs matige verhogings in tariewe (6.4%, behalwe krag) word voorsien in die nuwe ontwerp-begroting vir Ngwathe wat môre in die Raad ter tafel gelê word. Gazette verneem dat drie raadskomitees onlangs gereeld moes vergader om alles gereed te kry. Volgens wet moet die ontwerp-begroting elke jaar voor of op 31 Maart vir openbare deelname goedgekeur word. In onlangse jare was Ngwathe meestal laat. “Vanjaar is ons betyds, en mnr. Bruce Kannemeyer, die nuwe munisipale bestuurder, verdien ‘n pluimpie hiervoor,” sê DA-raadslid Arnold Schoonwinkel, ‘n lid van die Finanskomitee.
Hy sê mnr. Kannemeyer het talle foute en weglatings wat deur raadslede uitgewys is, laat regstel. “Die dokument wat môre oorweeg sal word is meer regsgeldig, meer geloofwaardig en meer bruikbaar as enige begroting in jare.”
Ook rdl. Phillip van der Merwe (VF Plus) het die rol van die nuwe munisipale bestuurder geloof. “Mnr. Kannemeyer het, op versoek van raadslede, aspekte soos oortyd en permanente aanstellings in poste waarin amptenare al baie lank waarneem sonder dat hulle noodwendig daarvoor bekwaam is, aangespreek. Ngwathe se swak dienslewering sal daarby baat,” sê hy. Rdl. Van der Merwe is ook bly oor planne vir beter inkomste-invordering, meer effektiewe stappe teen wanbetalers en planne om die munisipaliteit se eie kragverbruik te beheer. “Onder mnr. Kannemeyer se leiding was ons begrotingsproses vanjaar meer as die leë dop van vorige jare.” Die ontwerp-begroting sal vanaf aanstaande week by munisipale kantore en biblioteke ter insae lê.

Related Articles

Back to top button