NewsNews

Polisie waarsku teen diefstal by OTM

Die polisie waarsku die publiek om baie versigtig te wees as gebruik gemaak word van ’n  OTM. Die afgelope 3 weke is minstens 6 voorvalle van kaartdiefstal by OTM’s, veral die Absa bank OTM aangemeld, sê die polisie. Die geld is in bykans in al die gevalle dan weer by die OTM-tellers by Shoprite uit …

Die polisie waarsku die publiek om baie versigtig te wees as gebruik gemaak word van ’n  OTM. Die afgelope 3 weke is minstens 6 voorvalle van kaartdiefstal by OTM’s, veral die Absa bank OTM aangemeld, sê die polisie.
Die geld is in bykans in al die gevalle dan weer by die OTM-tellers by Shoprite uit die slagoffers se rekenings getrek.
Moenie toelaat dat enigeen jou aandag by die OTM aflei nie, en maak verkieslik gebruik van die OTM gedurende werksure wanneer daar ander kliënte ook in die ry is en jy nie alleen by die OTM sal staan nie.
Maak seker niemand sien wat die pinnommer is wat jy insleutel nie, en moenie jou pinnommer saam met jou bankkaart ronddra nie.
Koperkabeldiefstal is nog ’n  groot bron van kommer. Dit sluit koperkabeldiefstal uit huise, maar ook oorhoofse koperkabeldiefstal in. Hierdie diefstal word aangespreek deur die Wet op Infrastruktuur waarvoor daar voorsiening gemaak word vir langtermyn vonnisse. Juis daarom is dit so belangrik dat jy as lid van die publiek enige inligting sal deurgee wat die polisie moontlik op die spoor van dié misdadigers sal sit. Moet nooit enige inligting as te gering beskou om aan te meld nie.
Die afgelope naweek is daar juis weer 2 persone gearresteer vir die onwettige diefstal van grond uit die ou begraafplaas in Parys. Beide is onwettige immigrante.
Misdaad raak almal hetsy direk of indirek. Jou oë en ore kan help om misdadigers vas te trek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button